Deur ALANI JANEKE
26 Oktober 2012

548 keer gelees | 0 kommentaar

Graanboere oorweeg dit om meer mielies in die komende seisoen te plant, sê die Oesskattingskomitee.


Kommersiële produsente van mielies is van voorneme om tydens die 2012/13 somerplantseisoen sowat 1,3% of 35 800 ha meer mielies aan te plant as wat vir die vorige seisoen die geval was.

Die Oesskattingskomitee sê volgens sy eerste skatting vir dié seisoen dié statistiek is gebaseer op ’n opname wat deur die direktoraat vir statistiek en ekonomiese ontleding by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye onderneem is.

Verlede seisoen is mielies op sowat 2 699 miljoen ha aangeplant, en die verwagting vir die komende seisoen is 2 735 miljoen ha. Die syfers toon dat 2,2% meer witmielies en 6,8% meer geelmielies aangeplant kan word.

 Redes vir die toename
“Produsente het aangedui dat die toename … hoofsaaklik toegeskryf kan word aan gunstiger pryse in vergelyking met dieselfde periode ’n jaar gelede,” lui die verslag. Wisselboupraktyke is in baie gevalle ook aangedui as rede. Die komitee sê reënval kan egter steeds boere se besluite oor aanplantings beïnvloed.

Die verwagte aanplantings vir sonneblomsaad word 15,85% hoër geskat, terwyl dit vir sojaboon-aanplantings 6,8% hoër is. Voorgenome aanplantings vir sorghum en droëbone dui stygings van onderskeidelik 33,2% en 13,2% aan, terwyl voornemens vir grondboon aanplantings 5,4% laer is.

Koring, kanola en moutgars
Intussen is die oesskatting vir die koring- en moutgars-oes wat tans op die lande staan, onveranderd op onderskeidelik 1 762 miljoen ton en 300 662 ton gelaat. Die verwagting vir die kanola-oes is afwaarts aangepas na 64 010 ton.

“Let asseblief daarop dat die verwagte produksie vir die wintergewasse gebaseer is op toestande soos teen die middel van Oktober 2012, maar kan verander as gevolg van ongunstige weerstoestande wat voorgekom het, veral in die Rûens gebied,” aldus die komitee.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights