Deur ALANI JANEKE
6 September 2012

943 keer gelees | 4 kommentaar

Drie klagte van verwaarlosing van vee wat onlangs by die DBV aangegee is, gaan tot vervolging lei.


Strafregtelike klagte is teen owerhede in Mpumalanga en Limpopo gelê nadat vee op ’n proefplaas en by ’n museum erg verwaarloos is.

Altesaam 37 beeste moes die afgelope week by die Muti Wa Varonga-opelugmuseum tussen Phalaborwa en Tzaneen van kant gemaak word. Dít het gevolg nadat die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) ’n hofbevel gekry het om beslag te lê op die beeste wat by die museum aangehou is.

Luidens ’n verklaring wou die vereniging die diere van die perseel verwyder sodat hulle versorg kon word, maar al die diere was te swak en daar is besluit om hulle “van hul lyding te verlos.”
 
Die redes wat vir die diere se toestand aangevoer is, was dat die museum nie genoeg voer vir die diere gehad het nie. Strafregtelike klagte ingevolge die Dierebeskermingswet (Wet 71 van 1962) sal teen die betrokke staatsdepartement en die museum aanhangig gemaak word, aangesien die DBV meen die situasie kon voorkom word. Dit het onnodige lyding veroorsaak en kan nie regverdig word nie.
 
Athole-proefplaas
Intussen is strafregtelike klagte teen die LUR vir landbou, landelike ontwikkeling en grondadminstrasie en die betrokke departement gelê weens die verwaarloosing van vee op die Athole-proefplaas in Mpumalanga.

Die DBV is verlede week na die plaas ontbied, waar die karkasse van 48 dragtige Drakensberger-stoetkoeie, wat weens honger en dors gevrek het, gevind is. Die owerhede en plaaspersoneel is opdrag gegee om voldoende voer en water aan die res van die diere op die proefplaas te verskaf.
 
Die derde strafregtelike klag is teen die bestuur van ’n plaas naby Villiers gelê weens verhongerde diere op dié plaas. Luidens ’n vroeëre berig op Landbou.com is die vee-eienaar en veearts oor die toestand van sowat 300 stuks vee gewaarsku. Altesame 236 beeste is op ’n stuk grond aangehou waar nie genoeg voeding beskikbaar was nie, terwyl verdere bewerings van 60 ander beeste wat erg ondervoed was, aan die lig gekom het.
 
Die eienaar en veearts moes met die bemiddelling van die Polisie inligting oor die toestand van die diere aan die DBV verskaf, waarna besluit is om met die vervolging voort te gaan.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Zelda

2012/09/06 03:22:46 PM

Hoop hulle word behoorlik gestraf.... mag hulle ook sonder kos en water gelos word want hulle verdien dit...


Magiel Blom

2012/09/06 03:52:57 PM

Daar word in die berig verwys na Drakensberger stoetkoeie. Dit is foutief. Nooitgedacht LOS was `n lid van die Drakensberger beestelersgenootskap, hulle het meer as twee jaar gelede al hul beeste gederegistreer en bedank as lid by die betrokke genootskap en SA Stamboek. Dit is `n feit dat die betrokke kudde met groot sorg en oor `n lang tydperk opgebou is en dat daar geweldig baie navorsing met die kudde gedoen is deur verskeie veekundiges. So het daar baie publikasies verskyn met inligting wat verkry is vanaf die betrokke kudde. Die kudde was vir byna 20 jaar geregistreerd en is dit inderdaad `n skande dat sulke spog diere moet ly deur mense wat nie omgee nie.


Pieter

2012/09/07 02:05:23 PM

Magiel ek verstaan nie die fout van die berig waarna jy verwys nie. 'n Deregistreerde koei bly tog nog steeds 'n stoet dier of wat het dan nou van die spogdier se titel geword. Dit is en bly nog steeds groot sonde om diere so te laat ly. Weer net die bewys dat daar meer gefokus word die "pay" en minder op die "job".


Thabo Strydom

2012/09/10 09:03:27 PM

Gee hulle n Rolls Royce (n swarte) en kyk hoe lyk hy na n maand ! Deur die gat trek , kan niemand hulle nadoen nie.! Wat sou jong boerseuns nie gegee het om met sulke diere te kon begin boer nie!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights