Deur LUCILLE BOTHA
4 Junie 2012

768 keer gelees | 4 kommentaar

Banke se afwesigheid in die gesprekke oor grondhervorming “irriteer” hom, sê dr. Theo de Jager van Agri SA se portefeulje vir grondhervorming en transformasie.


De Jager was die genooide spreker op Agri Witzenberg se streeksvergadering op Ceres. Hy het ’n beroep op banke gedoen om keel skoon te maak oor die Regering se huiwering om markwaarde vir grond te betaal.

“As ons almal (die produsente) een of twee plase gaan verloor, gaan die banke ál hul plase verloor,” het hy gesê. “Dit is nodig dat die banke opstaan en sê daar kan nie aan die sekerheid van grondbesit gekarring word nie.”

Krisis
De Jager beskou die skrapping van die beginsel van ’n gewillige verkoper en ’n gewillige verkoper as die grootste krisis ten opsigte van grondhervorming. “Dit gaan nie oor jou reg nie, maar oor die feit dat Regering huiwerig is om markwaarde te betaal. Dit is ’n politieke ding. Tussen die reëls word geskree: ‘Julle (wit boere) het die grond gesteel en ons moet dit terugvat!’ Hulle gaan nie die terugvat-gevoel kry as markwaarde vir grond betaal word nie. Dit is nie die boere wat die pryse opjaag nie, maar almal tussen-in.”

As produsente egter nie teen markwaarde vir hul grond vergoed word nie, klap banke se deure vir hulle toe. Dit strek ook tot nadeel van begunstigdes uit bemagtigingstransaksies. “Dit is ook een van die redes waarom begunstigdes sukkel om finansiering te kry. As die staat nie markwaarde betaal nie, kan landbougrond nie as kollateraal vir finansiering dien nie.”

Hy is ook nie gelukkig met die voorgestelde grondplafonne nie. “Ons baklei hand en tand hierteen omdat 80% van die kos op rakke in Suid-Afrika deur 20% van boere af kom. Die groot ouens gaan die seerste kry as die voorstel werklikheid word.”
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Kwevoel

2012/06/04 02:25:50 PM

Theo lig 2 baie belangrike punte uit. Meeste grond is nog onder verband, en as einedomsreg verval dan gaan hulle die seerste kry. Banke wil polities korrek optree om hulself te beskerm. Jy sal hulle wel hoor skree as daar gerugte begin oor die nasionalisering van banke.


Danie

2012/06/04 06:15:00 PM

Hulle kan seker redeneer dat as hulle alle banke nasionaliseer hulle op die koop toe ook plase, huise, myne, fabrieke, winkelsentrums, vorraad, toerusting, voertuie, ens sal besit.


Butch van Blerk

2012/06/05 09:30:52 AM

Banke MOET betrokke raak by aangeleenthede wat hulle sekuriteit en aandeelhouers se belange raak . Die dag SAL aanbreek dat hulle daaroor sal moet praat en hulle kan gerus ook aanvaar dat hulle kliente nie veel langer in die toekoms alles vir soetkoek sal opeet , maar sal aandring op sinvolle verduidelikings !


ou joe

2012/06/06 03:31:39 PM

As die "gewillige koper/verkoper" , wat in feite die definisie vir markwaarde is, geskrap word watter stel reels gaan die vergoeding dan bepaal? Indien opbrengswaardes gebruik word word die veranderlikes so groot dat die eindwaarde hoogswaarskynlik verwronge gaan wees want deels word die jokkie ook waardeer in die proses. Die grootste probleem hier is die onbevoegdheid van die amptenare wat gemoeid is met grondhervorming. Hulle skep 'n persepsie by die regering dat hulle nie kan vorder nie omdat die boere die grondpryse opjaag. Die privaat grondkopers vorm deel van 'n vryemark sisteem en word hul aanbod, anders as die van die myne, beperk tot die vermoe van die produksie van die grond. Die boere kan nie die grondpryse opjaag nie. Laat die regering vir die boere goedkoop grond gee en sien hoe die kospryse verlaag.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights