Deur ALANI JANEKE
26 Julie 2012

2225 keer gelees | 25 kommentaar

Die verval wat tans op verskeie vlakke in Suid-Afrika voorkom, stem oudpres. FW de Klerk “diep bekommerd”.


Suid-Afrika kan deur die onsekerheid breek wat tans in Suid-Afrika voorkom na “kalmer waters,” sê oudpres. FW de Klerk.

Tydens ’n konferensie wat die FW de Klerk-stigting onlangs oor Suid-Afrika se beleidsrigting in Johannesburg aangebied het, het De Klerk opgemerk dat die ideologieë en beleidskwessies wat tans bespreek word, nie geïgnoreer kan word nie.

De Klerk sê hy glo daar is baie ANC-lede wat afgevaardigdes by die party se beleidskongres in Bloemfontein sal wees wat saamstem met die Nasionale Beplanningskommissie (NBK) se voorstelle oor Suid-Afrika se pad vorentoe. Hy hoop verder dat afgevaardigdes by die kongres die belangrikheid van hul besluite sal besef, aangesien dit die land se toekoms sal bepaal.

Twee keuses
Volgens De Klerk staan die party voor twee keuses by sy kongres. Een is om die voorgestelde pad van die NBK te kies, wat die uitdagings in die land wil aanpak en ekonomiese groei wil bevorder. Die tweede is om die pad van die Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR) te kies, wat in sy tweede oorgangsfase verskeie radikale voorstelle voorop stel.

“Ek glo die NBK stel ’n visie voorop vir ’n toekoms waarmee almal kan identifiseer,” het De Klerk gesê.

De Klerk moedig alle Suid-Afrikaners aan om in die komende maande voor die ANC se kongres deel te raak van die nasionale debat van die land se beleidsrigting. “Die toekoms van ons land en 'n nie-rassige regverdige samelewing hang daarvan af.”

 

 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


A Rossouw

2012/07/26 09:20:43 AM

Ek is net bekomerd op die manier wat die land weggegee is aan mense wat oorspronklik ook nie hiervandaan gekom het nie en die manier wat politiek gebriuk word om onbevoegde mense in beheerende poste aante stel wie gaan hierdie wanorde regstel en hoe gaan dit gedoen word kan enige iemand sekerheid in die land waarborg vir ons toekoms en nageslagte of moet ons maar voort ploeter tot ales verby is


Johan du Plessis

2012/07/26 09:38:36 AM

Solank daar enigsins na mense se velkleur verwys word en beleid op grond van ras gemaak en toegepas word (SEB) sal dit nie ons land se mense bymekaarbring nie. "Agtergeblewenes" moet hulself opvoed en hulslf ophef deur te studeer en welvaart daardeur verdien. Mense wat net ontvang sonder om daarvoor te werk weet nie hoe om met geld om te gaan nie. Ons regering moet ophou om familie en pelle oral in te druk en die posisies moet gevul word deur gekwalifiseerde mense. Opvoeding van die nasie is die belangrikste taak vir ons regering, maar hulle vaal hopeloos. Regeringsbeleid blaas rassisme aan.


fc bester

2012/07/27 07:52:32 AM

Ek kan hoegenaamd nie verstaan waarom F.W.eenigsins bekommerd is oor ons mooi landjie nie, hy alleen het dit alles 23 jaar gelede begin. Soos dinge nou aan die gebeur is,is maar net 'n normale verloop van omstandighede in Afrika,enige bobbejaan kan dit sien kom het.Alles begin deur net n voet in die deur te kry,kort voor lank slaap jy in die hoofslaapkamer.


Martie Kruger

2012/07/27 10:22:51 AM

As die burgers van SA nog nie besef en "diep bekommerd" geraak het oor die situasie in SA nie, moet hulle diep bekommerd oor hulself raak. Hou op praat en begin werk aan 'n oplossing vir jou, jou gesin en jou familie. Die skrif is aan die muur - "LEES DIT" en doen iets daaraan, moenie wag vir iemand anders vir oplossings nie, soek 'n oplossing jouself.


CJ IMMELMAN

2012/07/27 10:39:28 AM

Wat het van Mnr De Klerk se sogenaamde tjeks en balanse geword wat in die verkiesing belowe is vir vreedsame oorgang tot demokrasie.


JOHA NEL

2012/07/27 11:26:27 AM

FW wou mos 'n blanko Tjek gehand het. Al die ja stemmers het dit toe mos vir hom op sy verjaarsdag gegee. Nou ia al die ja stemmers dood.


P Fourie

2012/07/27 12:24:38 PM

Onthou nog die "Mandela en sy Klerk" (sic). Of ook "'n Stem vir die KP is 'n stem vir die ANC" (sic). Vandag sit die meeste NP by die ANC! FW de Klerk is uitoorle tydens die onderhandelinge, ANC was te slim vir hom. Ons moet nou maar wag dat die ANC homself vernietig (wat hy vinnig besig mee)voordat iets positiefs weer te voorskyn sal kom.


j voigt

2012/07/27 02:24:29 PM

Enige persoon wie vir die man glo se oë het nog nooit oopgegaan nie! Hoe kan de Klerk bekommerd wees vir dinge waarvoor hy persoonlik verantwoordelik is? Waar is die 2de referendum, eie skole, eie woongebiede, eie dit en eie dat, die man het oop oë vir almal gelieg! Hy en sy aanhangers het eensydig die skade gedoen wat hulle wou hê. Die geskiedenis is geskryf en staan as getuie teen de Klerk! Suid Afrika het gesterf, die Nuwe Wêreld Orde het nou oorneem!


pieter

2012/07/27 03:02:28 PM

De Klerk was maar net n pion . Pik Botha was sy meester en het Vorster& PW Botha slegs opgetree soos Pik & sy meesters hulle voorgeskryf het> FW was n slaprug en het nie die moed van sy oortuiging gehad om teen hulle op te staan nie> Onthou u nog hoe het FW aan bewind gekom? Dit was niks anders as n staatsgreep nie. PW botha het teen die einde van sy beweindstydperk besef wat aangaan en toe hy n berortetjie kry toe help Pik hom uit die pad-toe hy nie die Rubicon wou oorsteek nie. Pik het altyd in die agtergrond geopereer.


G Engelbrecht

2012/07/27 05:13:35 PM

As jy vir persone wat geen idee van bestuur gehad het nie 'n land gee, wat kan jy verwag. Pleitdooie is gelewer dat ons nie een mens een stem moet toepas nie maar eerder stemme op 'n wyse een stem vir almal, nog 'n stem as jy belasting betaal, nog een as jy werk verskaf ens. Verder dat ons eers saam moet werk en mense leer hoe dinge gedoen moet word. Maar nee! Dit is nie eers oorweeg nie. EK WONDER nog elke dag waarom alles so vinnig oorgedra moes word? Was daar geld of iets anders by betrokke. Waarom het FW ons nie geglo nie? Waarom is hy nou oor die land se verval bekommerd? Kon hy dit nie voorsien nie of was hy eenvoudig soos ons nou sien, kortsigtig? Ek vra die vraag waarom ons voorouers en seuns so baie vir hierdie land gegee het, goed en bloed, sodat ons uiteindelik moontlik NIKS gaan hê nie agv ondeurdagte oorgawe.


Tertius Theron

2012/07/28 02:30:10 PM

...FW se kommentaar op enige-iets in SA se politieke ruimte beteken niks, wat hy dink en wat hy voorstel is nie ter sprake nie, die beste besluit wat hy ooit in sy lewe kan neem is om die FW Stigting se totale beskikbare fondse vir enige ontwikkeling sonder enige voorbehoud of winsmoetief aan die ontwikkelingsraad van Orania te skenk as 'n gebaar van boetedoening en regstellende aksie teenoor die leed wat hy en sy maters aan die land en in die besonder die ware Afrikanervolk gedoen het...


Netti van der Merwe

2012/07/28 03:19:47 PM

Graag wil ek weet, nou skielik moet alles deur vergroot glas gekyk word. Suid Afrika was uiteraard 'n opgeboude LAND gewees, wat nou in totaliteit 'n ""VERVALDE LAND"" is. Mag Onse Almagtige God Hemelse Vader Seun en Heilige Gees Onse Here Jesus Christus, iedere en elk laat besef nou is dit ernstig tyd om hande te vat, saam te bid vir Radikale Verandering in elke mens se brein dat Onse Hemelse Vader in Beheer is, ons lewe hang van Hom af, ""Geen Geld Mag"" is bo Ons Hemelse Vader verhewe nie. Is daar nog Positiewe Mense in alle rasse in Suid Afrika. Wel ek is positief WANT Onse Almagtige God is in BEHEER!!!!


butch

2012/07/28 07:02:31 PM

Ek stem saam met Martie hierbo mnr de Klerk - om nou "diep bekommerd" te wees is 'n mistasting. Ons is wel in "diep waters" en al uitweg nou is om uit te SWEM !! Ons sal nou nie ingaan op die spesifieke redes oor hoekom ons in die diepe wates verkeer nie. Maar Martie is reg - dis nou vir oplossings soek en hoegenaamd nie tyd om diep bekommerd te wees nie. Daardie tyd is lankal reeds verby!! Daar is wel nog 'n paar hamels wat finansiele voordeel trek vanwee betrokkenheid by die situasie wart gelei tot waar ons tans verkeer , maar laat ons maar nie klippe gooi. Net 'n laaste opmerking mnr de klerk - dis seb/affirmative action wat besig is om hierdie land te verwoes !


freek

2012/07/29 07:27:56 PM

Dit is sy eie skepping waaroor hy diep bekommerd is.


mkruger

2012/07/30 08:37:16 AM

Dit is seker maar omdat ek die domste hoender in die hok is dat ek nie verstaan wat hier aangaan nie. Eerstens het almal die kans gehad om FW te stop maar almal het maar gehoop hy was reg. Nou gee hulle hom die skuld. Het alles uitgewerk het almal die krediet daarvoor gevat. Tweedens wil ek graag weet watter opsies FW gehad het. Hulle was baie meer as ons en die stryd het begin ontaard in in regte oorlog. Wie wil sy kinders grootmaak in 'n land wat elke dag in 'n oorlog betrokke is en waar die wereld nie die regering van die dag steun nie. 'n Land wat in armoede gedompel is ? Ek het vir die KP gestem en ek het NEE gestem. Vandag 23 jaal later en heelwat ouer sien ek dat ek was 'n dwaas. Daar was geen ander keuse nie. Hoe gouer elkeen dit besef en aanvaar dat die witman net nog 'n groep in die land is, hoe gouer kan ons almal begin werk aan 'n nuwe vreedsame land. Feit is: Die ou Suid Afrika gaan NIE weer terugkom nie.


Piet Prinsloo

2012/07/30 10:19:47 AM

Hulle kan nie eers 'n plaas verniet kry en 'n sukses van dit maak nie,hoe kan 'n land met sukses dan regeer word.Dit gaan ons niks help om nou te kerm oor FW nie want ''wat jy saai dit sal jy maai'' dit geld ook vir die Boerevolk daar word daagliks blankes vermoor ,se hoera as jy nog leef ,al wat ons sal red is as ons tot bekering kan kom as 'n volk ,ek praat nou nie van NG kerk bekering en 1983 vertalling bekering nie,dit moet 'n ware bekering wees en al ons ander geld en sport gode die trekpas gee.Dan sal ons VADER in die hemel ons hoor en ons sal ons naaste herken.


Jaco Dreyer

2012/07/30 10:36:38 AM

Wat ons nodig het is 'n LEIER wat ons nasie/volk uit hierdie verdrukking trek. Een met visie en en opregte liefde vir sy land en nasie/mense en nie net vir sy eie sak nie. Ek bid dat die HERE vir ons so leier stuur. De Klerk, gaan jy maar terug Griekeland toe en wees daar bekommerd oor ons land wat jy weggegee het. Ons sal hier bly en doen wat gedoen moet word om ons voortbestaan te verseker!


cecilia

2012/07/30 01:14:24 PM

Onthou nou net jy het 86 000 plus mense se bloed op jou hande. Dis waar ons land nou staan. Kindertjies word gemartel en vermink. Het jy vir een oomblik gedink ons kan almal in vrede saamleef? Jy het 'n fout gemaak en 'n duur ene ook.


EILLEEN

2012/07/30 03:24:57 PM

IN SA IS DIE ASHOOP BAIE GROOTER AS DIE BLOMTUIN EN FW HET DIE VEROORSAAK


Sakkie

2012/07/30 03:46:52 PM

Ja, maklik om die te se daar was nie 'n ander keuse nie, maar soos bo genoem daar is meer bloed vergiet (swart en wit) sedert 1994 as sou ons in 'n oorlog betrokke geraak het. 30 stukke silwer het seker nou opgeraak nou is FW bekommerd oor die toekoms.


Marius Buys

2012/07/31 01:52:37 AM

Meneer De Klerk beskik nie oor die mandaat om namens enige minderheidsgroep uitsprake te maak of te onderhandel nie. Nie solank hy as Die Vader van die verval in Suid Afrika en as n verraaier aan sy eie mense beskou word nie. Meneer De Klerk jy moes namens jou eie mense gehandel het toe jy kon. Dit laat 'n wrang smaak in my mond as ek net jou naam lees. Ek wonder of jy ooit die rou haat en afsku sal besef waarmee jou mense jou deesdae bejeën na jy boedel oorgegee het vir die miljoene wat jy gekry het vir die nobelprys en verkoop van n land se toekoms? "Diep bekommerd" kan skaars begin om Suid Afrika tans te beskryf.


Jacques

2012/07/31 07:10:54 AM

In 'n oorlogstoestand kon ons darem weerstand bied, nie soos nou waar ons weerlose bejaardes en kinders soos vlieë afgemaai word sonder dat iemand 'n vinger veroer nie.


mkruger

2012/07/31 08:08:54 AM

Daar is so baie kommentare hier oor geweld, God wat ons moet help ens. Almal probeer wegskram van die verantwoordelikheid. Punt is God het nie in 1652 die witman Afrika toe gebring omdat hy van sy wit vel gehou het nie. Nee hy het werk vir hom gehad: Vertel die Afrikane van my en maak hulle my kinders. Dit is mos sy opdrag in die bybel. Het ons dit gedoen NEE. Kyk maar na al die moord en geweld. ONS het gefaal nie FW nie. Moenie dink dat as jy bid gaan God die wit nasie red nie. Ek dink hy is so bietjie keelvol vir die wit nasie. Ek se dit nie. Lees die bybel waarna julle so graag verwys. Al die verse. Nie net die waarvan julle hou nie. JA redding vir die land le in die woord. Maar die hele woord nie die een wat ons pas nie.


kobus visagie

2012/08/01 07:00:23 PM

Nou moet jy net jou bek dig toehou jou verraaier.Jy moet nie nou huil wat jy nie soos n man wou verdedig het nie


Willie

2012/08/01 11:57:41 PM

F.W. jy het ons land loop weggee.Al wat jy nou nog kan doen,is om jou hol weg te gee,sodat jy deur jou ribbes kan K-K!!!!!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights