Deur CORLI VAN DER MERWE
25 Januarie 2012

1339 keer gelees | 1 kommentaar

Haal die witrenoster van die lys van bedreigde spesies af en wettig die handel in renosterhoring, sê die SAJWV.


Haal die witrenoster van die lys van bedreigde spesies af en wettig die handel in renosterhoring, sê die Suid-Afrikaanse Jagters-en-Wildbewaringsvereniging (SAJWV).

Die SAJWV is oortuig dat die wettiging van die handel in renosterhoring stropery sal stopsit. Die Regering sal egter die Konvensie op die Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) daarvoor moet nader, berig Volksblad.

Die vereniging het ook gevra dat kundiges aangestel  word wat een liggaam moet vorm om renosterstropery te bekamp en handel in renosterhoring te administreer.

Dra by tot voortbestaan
Intussen sê mnr. Pelham Jones, voorsitter van die Vereniging vir Private Renoster-eienaars (PROA), die wettige jag van renosters dra uiteindelik by tot die spesie se voortbestaan. “Dit is tot die bedryf én die spesie se voordeel dat wettige jag voorkom,” sê Jones.

Dit is na aanleiding van ’n video wat protes aanteken teen die wettige jag van renosters, deur mnr. Mark Warren, ’n Suid-Afrikaner wat in Londen bly. In dié video spreek Warren hom sterk uit teen die jag van ’n dier wat as bedreig beskou word. Die video is reeds duisende keer op Landbou.com gekyk.

Lesers op Landbouweekblad se Facebook-blad is verdeeld oor dié kwessie.

“As die jag van renosters wettig gemaak word, gaan die prys van die horings drasties val, juis omdat dit wettig en dan vrylik beskikbaar sal wees. Maar ek sou liewer ’n wet maak dat wildboere en plaaseienaars hul renosters se horings oes en dan self verkoop om die teel van renosters te finansier,” sê Michele Charlotte.

Suzanne Eloff meen dit is beslis ’n slegte idee: “Ons het nie meer renosters oor nie! Hoekom sal ons hul nog wil skiet en hoekom sal dit nog wettig wees!”

“Genade, teen die tyd wat die renosterslagtings hokgeslaan word, is daar dalk nie eers genoeg renosters oor vir die nageslag om te sien nie! Ek stem saam met Michele. Oes die horings as dit dan moet, maar bewaar die diere,” sê Karen Van Wyk.

Bron: Volksblad

25 Januarie 2012
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Leon Skuce

2012/01/25 07:56:51 PM

Ek graag die wat die boerdery van Renosters en 'n gestruktureerde wettige handel in horing voorstaan alles van die beste toewens. Ons kan en sal die swartmark nietig maak en terselfdertyd ons ekonomie stimuleer!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights