Deur ALANI JANEKE
6 Augustus 2012

566 keer gelees | 0 kommentaar

Een van die moordenaars van mnr. Paul Dunn, ’n plaasbestuurder van Tzaneen, is 50 jaar tronkstraf opgelê.


Sowat 30 maande nadat ’n plaasbestuurder van Tzaneen deur vermoedelik drie aanvallers in sy huis aangeval en doodgeskiet is, is een van die mans lewenslange tronkstraf opgelê.

Die 39-jarige mnr. Slow Rodgers Makhuvele is die enigste verdagte wat in verband met die moord aangekeer is.
 
Luidens ’n berig in die Letaba Herald was Dunn die nag van 27 Februarie 2010 alleen tuis toe die voorval op die plaas Constantia plaasgevind het. Hy het na bewering onraad vermoed terwyl hy televisie gekyk het en het sy vuurwapen uit die kluis gehaal. Hy is vermoedelik onverhoeds in die kombuis deur die drie verdagtes betrap.
 
Volgens die berig het Dunn skote afgevuur en Makhuvele getref. Die drie mans het egter ook op Dunn geskiet. Sy vrou, Tania, en ’n buurman, mnr. Louis Lingenvelder, het op Dunn se liggaam afgekom. Hy het vier skietwonde gehad.
 
50 jaar
Makhuvele is verlede week 25 jaar tronkstraf opgelê vir die moord. Verder het hy 15 jaar tronkstraf ontvang vir roof met verswarende omstandighede. Onderskeidelik sewe jaar en drie jaar is tot die vonnis gevoeg vir aanklagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.
 
Kol. Ronel Otto, woordvoerder vir die polisie, sê die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. Geen melding word gemaak van die twee ander verdagtes in die saak nie.
 
Bron: Letaba Herald
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights