Deur ALANI JANEKE
19 Julie 2012

2140 keer gelees | 6 kommentaar

’n Boer van Delareyville het ’n gesterf toe hy tussen ’n trekker en ploeg vasgedruk is, aldus die SAPS.


’n Saak van strafbare manslag word ondersoek nadat ’n 63-jarige boer van Delareyville op sy plaas gesterf het. Die boer en sy 30-jarige seun was Woensdagoggend (18 Julie 2012) in ’n skuur op die plaas Driekant besig om ’n ploeg aan ’n trekker te probeer haak.
 
Die seun het glo gesien dat die boer gesukkel het om die ploeg aan die trekker gehaak te kry. Hy het na bewering, terwyl die trekker steeds in tru-rat en aangeskakel was, van die trekker afgeklim om sy pa te help. Luidens ’n verklaring het die trekker agteruit geloop en die boer is tussen die trekker en die ploeg vasgedruk.
 
Op die toneel dood
Die polisie sê die seun het glo onmiddellik weer op die trekker gespring om dit weg te trek. Dit was egter te laat. Die boer het op die plek inmekaar gesak en gesterf.
 
’n Nadoodse ondersoek sal verrig word om die oorsaak van die boer se dood te bepaal. Niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die verklarings oor die voorval sal aan die Direkteur vir Openbare Vervolging voorgelê word.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Klippies

2012/07/19 04:31:17 PM

Boere is sekerlik aan die meeste ongelukke op plase blootgestel as gevolg van die uiteenlopende take wat hulle moet verrig. Trekkers wat kan omval en baie ander plaasmasjinerie wat op een of ander wyse jou kan beseer. Praat nie eens van 'n moeilike bul of perd nie. Bowenal lyk boerdery altyd 'n aangename tipe werk te wees maar is daar maar ook 'spinnekoppe in die lang gras'. My opregte simpatie aan die familie.


Tersia

2012/07/20 11:53:15 AM

My innige simpatie met die familie van die plaasboer wat gesterf het. My Pappie het in 1978 toe Pappie 61jr oud was onder 'n trekker beland.Liewe Jesus het hom vir ons gespaar en hy is Junie 2011 in die rype ouderdom van 94jr oorlede. Mag God julle in die donker hartseer dae in Sy arms styf vashou en vertroos.


Bruce Andrew

2012/07/20 02:43:33 PM

Hoe is dit moontlik dat sewe mense hou van hierdie storie - per jou facebook ikon? As dit rerig so is, dan is ons land baie sieker as wat ons dink. My simpatie vir die familie en veral vir die man se seun.


S Keller

2012/07/20 03:14:18 PM

Dis tragies, baie sterkte vir die Familie


P Faure

2012/07/24 01:33:36 PM

Innige simpatie vir die familie en veral die seun.


R v/d Merwe

2012/07/25 09:11:58 AM

My innige simpatie met die familie en ek dink aan julle in die moeilike tyd.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights