Deur ALANI JANEKE
17 September 2012

1326 keer gelees | 1 kommentaar

’n Vrou van Mosselbaai is die derde mens wat binne ’n week op ’n plaas in Suid-Afrika vermoor is.


’n Vrou van Mosselbaai is Saterdag, 15 September 2012, tussen inkopiesakke gevind na sy deur ’n verdagte in haar huis op die plaas Potseel-hoogte doodgeskiet is. Dr. Neville Mills, haar eggenoot, sê die verdagte moes haar ingewag het toe sy van die dorp af gekom het.

Luidens ’n berig in Beeld is die 64 jarige mev. Ria Mills met Neville se vuurwapen, wat sy in die huis weggesteek het, doodgeskiet. Sy is op slag dood. Dié voorval volg op die dubbele moord van mnr. en mev. Johan en Cecile Fourie Sondag, 9 September 2012, wreed op die plaas Knoppe naby Trompsburg in die Vrystaat vermoor is.

Vriende het haar in huis gevind

Ria moes Saterdagaand by vriende aan huis gekuier het. Ná sy nie opgedaag het of oproepe beantwoord het nie, het hulle na haar huis gery. Volgens Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, is Mills se liggaam omstreeks 19:45 gevind.

Die verdagte het met die egpaar se voertuig op die vlug geslaan, en dit is later naby die Wolwedansdam gevind. ’n Skootrekenaar en Ria se handsak is glo gesteel.

Neville het die afgelope drie weke locum werk in Secunda gedoen, en sou na die naweek teruggekeer het huis toe. Die egpaar was 40 jaar getroud. Hy het in 2009 by die dood omgedraai na rowers op die gesin in Evander in Mpumalanga toegeslaan het. Hy het ná die voorval ’n nier en twee ribbes verloor.

Bron: Beeld


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Mathys Doman

2012/09/19 09:52:05 PM

Plaasmoorde ~ Motief: Terreur; hulle kon net ingebreek en gesteel het.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights