Deur JOYLENE VAN WYK
25 Junie 2012

927 keer gelees | 1 kommentaar

Die paaie van die Minister van Landbou en die DG van die departement het finaal geskei.


Mnr. Langa Zita, direkteur-generaal van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye is geskors.

Landbouweekblad het bevestiging gekry dat Zita weens ‘n administratiewe kwessie geskors is. Me. Palesa Mokomele, woordvoerder van die Landbouminister, me. Tina Joemat-Pettersson, het gesê die skorsing is ‘n “aangeleentheid tussen die Minister en Zita”. Sy wou nie verder uitbrei nie.

Mokomele het wel aangedui dat verdere besonderhede en die duur van die skorsing later openbaar gemaak sal word.

Joemat-Pettersson het al by ‘n paar geleenthede haar frustrasie metg Zita gewys en die afgelope maande was dit duidelik sigbaar dat sy en die DG mekaar nie kon vind oor wat belangrik vir die drie portefeuljes in die departement was nie.

By ’n vergadering van die portefeuljekomitee in Maart het sy dit duidelik aan Zita en die res van die departementele hoofde gestel dat die tyd vir praatjies verby is en dat sigbare optrede nou nodig is. Sy het uitgewys dat as daar na drie jaar niks is om te wys nie, dan was daar geen ontwikkeling nie. “Ontwikkeling kan nie vergelyk word met mooi en spog-voorleggings en dokumente nie.”

‘Geen plan vir die landbou’
Me. Annette Steyn, die DA se skaduminister vir Landbou, Bosbou en Visserye, meen die skorsing is ’n goeie ding want daar was nie duidelike planne vir die landbou nie. Daar is tans nie ’n tasbare landboubeleid in die land nie. Die direkteur-generaal moes duidelike planne op die tafel gesit het oor wat in die toekoms van landbou te wagte kan wees.

Tussen hom en die landbou-organisasies was daar nie goeie verhoudinge nie, het sy gesê. “Die landbou het stabiliteit nodig.” Nadat hy die Minister se adviseur was en toe daarna aangestel is as die direkteur-generaal, het hy gewys dat hy nie weet wat in die landbou aangaan nie.

Mnr. Salam Abram, ANC-LP, het oor die skorsing gesê dat die kwessie in die belang van dienslewering en die bedryf so spoedig moontlik afgehandel moet word. “Zita het nooit die landbou gedien nie. Hy het ook nooit my briewe oor landboukwessies beantwoord nie,” het Abram gesê.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Bekommerd

2012/06/29 11:02:36 AM

Dit blyk almal fokus net op die tekort aan dienslewering deur die departement en Mr Zita aan die lanbou sektor. Meskien moet daar meer fokus wees dat hy en DAFF die ander twee sektore onder die mandaat van die DAFF nog meer afskeep. Dis komerwekkend dat self die DA net oor lanbou praat en vergeet van bosbou en visirye!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights