Deur JOYLENE VAN WYK
31 Julie 2012

692 keer gelees | 2 kommentaar

Die Regering se plan is op dreef om te verseker dat die veeartse wat na afloop van hul studies die land verlaat, gedwing sal word om hier te bly.


Die Kabinet het verlede jaar reeds die wysigings op die Wet op Veterinêre en Para-veterinêre Beroepe (Wet 19 van 1982) goedgekeur sodat veeartse verplig sal word om ’n jaar gemeenskapsdiens te verrig. Die wetgewing word nou by die Parlement bespreek.

Die doel van die wysigings is om die tekort aan staatsveeartse, veral in landelike gebiede, die hoof te bied. ’n Belangrike wending is dat beoog word dat studente ses jaar universiteitsopleiding sal kry en die sewende jaar ’n diensjaar sal wees.

Dr. Pieter Mulder, Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye, het aan die portefeuljekomitee wat daarmee belas is, gesê dat afgestudeerdes oorsee gaan omdat die toestande en die vergoeding daar baie beter is.

Moontlik in 2014 ingestel
Mulder het aangedui dat die verpligte diensjaar hopelik in 2014 ingestel sal word. “Die studente is gereed. Daar is dié wat gewillig is om volgende jaar al vrywillig met ’n diensjaar te begin.” Die Departement het reeds altesame R80 miljoen vir die vorige en R120 miljoen vir die huidige boekjaar begroot om te verseker dat sy indiensnemingsprogram suksesvol is.

Dr. Botlhe Modisane, hoofdirekteur van diereproduksie en gesondheid by die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, het gesê die verpligte gemeenskapdiens is ’n geskikte teenvoeter vir die migrasie van nuwe veeartse na die buiteland.

“Die kommer oor voedselsekerheid en -veiligheid neem wêreldwyd, insluitende in Suid-Afrika, toe.
Daar word voorsien dat die nuwe veeartse ’n markverwante salaris sal kry en nie net ’n toelaag nie. Die salaris vir staatsveeartse is deur die bank dieselfde.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


D.B.Ackerman

2012/08/01 09:01:44 AM

Net nog n manier van die staat om sy mense te "boelie". Hoekom MOET jy werk waar jy nie betaal word nie. Maak die werksomstaqndighede aantreklik dan sal hulle uit vrye wil bly. Inteendeel word die "werkgewers" {die boere uitgemoor } Aan die moorde kan die regering iets doen as hulle wil ?


Benton vd Berg

2012/08/01 09:12:15 AM

Ek is nou net mooi keelvol om te hoor dat die jong veeartse oorsee gaan en nie in die platteland belangstel nie, ons gaan oorsee omdat ons die verkeerde kleur is om in ons eie land beurse te kry, so as ek my studielening wat net kort van R1miljoen draai in 'n korter tyd kan afbetaal moet die Departement van Landbou,Bosbou en Visserye my nie kwalik neem nie,julle wou MY nie help nie!!! Huidige Veeartsstudent(oppad platteland toe)

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights