31 Augustus 2012

949 keer gelees | 5 kommentaar

Altesame 48 dragtige Drakensberger-stoetkoeie het glo weens verwaarlosing op ’n staatsproefplaas gevrek.


Verskillende owerhede het die afgelope week toegeslaan op ’n staatsproefplaas waar ’n groot aantal stoetbeeste vir opkomende boere opsy gesit is.

Lede van ’n veediefstaleenheid en beamptes van die Dierebeskermingsvereniging het op 48 dragtige Drakensberger-stoetkoeie afgekom, wat weens honger en dors gevrek het.
 
Luidens ’n berig in Beeld is die diere gevind op die Athole-proefplaas naby Ermelo, wat aan Mpumalanga se provinsiale regering behoort. Vyf dooie diere het glo binne sigafstand van die kantore en wooneenhede gelê, terwyl ander diere wat in ’n vleigebied in modder beland het, daar gelos is om te vrek.
 
Voer
Werkers op die plaas het aan die beamptes gesê hulle het glo al tevergeefs by die bestuur gekla oor probleme met diere se voeding. Daar is glo nie geld om voer vir die diere te koop nie.
 
Bewerings word gemaak dat van die geld wat vir die proefplaas gebruik moes word, twee jaar gelede vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi gebruik is.
 
’n Saak van dieremishandeling word ondersoek en volgens ’n kommunikasiebeampte sal die provinsiale departement van landbou ’n dringende ondersoek na die situasie aanvra.
 
Bron: Beeld.com
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


jn

2012/08/31 03:18:00 PM

sjoe!!!!!


gh

2012/08/31 06:48:12 PM

Dis ongelooflik!!!!!!!!!!


GW RAAD

2012/09/01 11:27:54 AM

die toedrag van sake rondom diere in RSA is skokkend. Beeste verg minimum nasorg indien hulle kos en dosering plan reg is. as die proefplaas se mense toe sien dat die diere vermaer hoekom bied hulle toe nie aan om hulle veiling toe te vat nie? ek beveel aan dat almal afgedank word - almal!


Jaco du Preez

2012/09/02 09:21:25 PM

Dis omdat hulle net ingestop word en te sleg is om te werk. Hoe sleg kan mens nou wees?!


Carine

2012/09/03 08:41:00 PM

Die sleg goed is gewoond hulle brandsiek diere loop en vreet plastiek sakke op die vullisgate waarin hulle woon. Daardie koeie het nie so maer geraak van twee weke se honger ly nie. Daar is geen verskoning vir dieremishandeling nie. As jy nie kos het vir jou diere nie, verkoop hulle of slag hulle!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights