5 September 2012

319 keer gelees | 0 kommentaar

Distell het sy belange in die Ooste uitgebrei deur sy aandeel in ’n drankmaatskappy te verhoog.


Die verbruik van Bisquit, ’n konjak, en Amarula in die Ooste sal hopelik verhoog nadat Distell sy aandeel in ’n vinnig groeiende drankmaatskappy daar vergroot het.

Die Suid-Afrikaanse drankreus het onlangs bekend gemaak dat hy sy aandeel in CJ Wines & Spirits tot 60% vergroot het.
 
Die maatskappy is in Zhongshan, in die Pearl Vallei-delta in die Guandong-provinsie in China. Luidens ’n verklaring sal Distell China deur mnr. Rody Wong, wat voorheen die hoof van CJ Wines & Spirits was, bestuur word. Wong het reeds ’n steunbasis gevestig vir Bisquit, die konjak-handelsmerk wat Distell in 2009 gekoop het.
 
Konjak-streek
Die suide van China word as dié land se konjak-streek beskryf, en volgens Wong sal hul konjakverkope aanvanklik op dié dele van die land fokus.

Die uitvoere van konjak na China het die hoogte ingeskiet, en volgens die verklaring is die Verre-Ooste nou die grootste invoerder van konjak in die wêreld. Dié bedryf teken ’n jaarlikse omset van $1,25 miljard aan.
 
Volgens Wong skep die vennootskap met Distell vir sy maatskappy ’n gulde geleentheid om voort te bou op die vordering wat reeds gemaak is met die uitvoer van Bisquit en Amarula na China. “CJ se kontak met die konjakmark is ’n belangrike bate, en ons beoog om dié bemarkingskundigheid in die kleinhandel en verbruikerskanale te gebruik vir Amarula, wat tans een van die drankhandelsmerke is wat die vinnigste in die wêreld groei.”
 
Mnr. Johan Scannell, besturende direkteur van die Distell groep, sê hulle is van plan om eers die markpotensiaal in die suide van China te ontgin, waarna hulle na Beijing, Shanghai en Chengdu sal uitbrei.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights