23 Augustus 2012

456 keer gelees | 0 kommentaar

Ondanks die druk wat wêreldwyd op verbruikersbesteding rus, het Distell se omset met 15% gegroei.


Verkoopsvolumes van Distell se produkte op plaaslike en internasionale markte het ’n toename van 9,9% vir sy portefeulje van wyn, spiritualieë en reg-om-te-drink-produkte (RTD’s) aangeteken. Verder het ’n gunstige wisselkoers bygedra tot ’n omset van R14,2 miljard vir die boekjaar geeïndig Junie vanjaar.
 
Die maatskappy verduidelik in ’n verklaring ’n eenmalige uitsonderlike betaling van aksynsbelasting het egter sy verdienste geknou. In dié verband moes R297,8 miljoen betaal word, wat gevolg het op die herklassifisering van wynaperatiewe deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).
 
Op ’n normale grondslag was die maatskappy se wesensverdienste 23,1% meer, met sy bedryfswins wat 19% meer was as die vorige boekjaar. Met die buitengewone betaling weens die herklassifikasie het wesensverdienste met 0,8% tot R969, 9 miljoen gestyg, terwyl bedryfswins met 1,7% tot R1,41 miljard gedaal het.
 
Gewilde produkte
Van die gewildste verkopers in Distell se portefeulje in dié boekjaar was RTD’s en sider. Mnr. Jan Scannell, besturende direkteur, sê danksy ’n aantal sterk handelsmerke kon die omset toeneem sonder dat marges prysgegee word. Die herverklaarde bruto marge, waarin die buitengewone aksynsvoorsiening buite rekening gelaat is, het van 32,7% in die 2010/’11 boekjaar tot 34,7% in die afgelope boekjaar verbeter.
 
Volgens Scannell is die maatskappy goed op pad om sy doelwit te bereik om die bydrae van uitvoerverkope tot omset elke jaar te verhoog. Die omset wat buite Suid-Afrika bereik is, op ’n nie-aksynsbetalingsgrondslag, beloop 27,5% van die totale omset, vergeleke met die 26,4% van die vorige boekjaar.
 
Plaaslike verkope het met 9,6% gestyg, terwyl dié omset met 13,8% tot R10,6 miljard toegeneem het.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights