Deur ANDRIES GOUWS
17 September 2008

1362 keer gelees | 0 kommentaar

Die mislukking van die Dohahandelsamespreking was 'n verbroude geleentheid om 'n verstandige en gebalanseerde pakket van vrye handel te kry.


Die mislukking van die Dohahandelsamespreking was 'n verbroude geleentheid om 'n verstandige en gebalanseerde pakket van vrye handel te kry.

Dit sou wydverspreide voordele vir veral, maar nie uitsluitlik nie, ontwikkelende lande inhou, het me. Mariann Fischer Boel, die Europese Unie (EU) se minister van landbou en landelike ontwikkeling, op die Wêreldvleiskongres in Kaapstad gesê.

Sy sê die EU het alles in sy vermoë gedoen om 'n ooreenkoms beklink te kry, maar sy het die indruk gekry daar was mense van die EU se vleisbedryf wat 'n sug van verligting geslaak het.

Uitdagings en welslae

"Die vleisbedryf het nou voorspelbaarheid en bestendigheid nodig wat nie deur die mislukking van dié onderhandelings bevorder word nie," het sy gesê.

Sy het verwys na die EU se vleisbedryf wat gesteier het onder malbeessiekte, maar nou feitlik herstel het. Volgens haar is dit jammer dat daar lande is wat dié siekte nou nog gebruik om Europese vleis uit hul lande te weer.

Die bedryf staan voor wesentlike uitdagings, maar dit moet nie die welslae versluier wat behaal is ten opsigte van voedselveiligheid nie. Met verwysing na die ontwrigting van Brasilië se vleisuitvoer na Europa het sy gesê enigeen wat vleis na die EU wil uitvoer, moet aan hul veiligheidstandaarde voldoen, want die standaarde is nie onderhandelbaar nie.

Landbouweekblad, 19 September 2008

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights