25 Julie 2012

567 keer gelees | 0 kommentaar

’n Plaasbestuurder, sy eggenote en nog ’n vrou is in hegtenis geneem vir die besit van renosterhorings.


Vier renosterhorings is in ’n plaashuis buite Fouriesburg gevind waar drie verdagtes weens onwettige handel in renosterhoring en die besit van witrenosterhorings aangekeer is. Die vier horings van sowat 5 kg se waarde word op R2,5 miljoen geskat.
 
Luidens ’n berig in Volksblad sal ’n 61-jarige eiendomsagent, haar man en nog ’n vrou Woensdag (25 Julie 2012) in die hof op die dorp verskyn. Ao. Zweli Mohobeni, polisiewoordvoerder, sê lt. Kitty Taljaard, speurder van die Polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad, van haar kollegas en lede van die honde-eenheid het op die vonds afgekom.
 
Lokval
Die ondersoek na die verdagtes duur glo reeds maande lank en hulle is vasgetrek nadat die vroue glo ’n transaksie met ’n polisielokvink wou aangaan.
 
’n Polisiehond, Boesman, het ao. Havie Havenga en ao. Elias Motyongwe van die Bloemfonteinse honde-eenheid gehelp om die horings in kaste en ’n sak in die plaashuis te kry.
 
Boesman is ’n skaaphondreun. Hy het in 2009 die eerste Polisiehond in die Vrystaat geword om in ondersoeke na misdade rakende bedreigde spesies te help.
 
Bron: Volksblad
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights