Deur ALANI JANEKE
22 Januarie 2010

1823 keer gelees | 0 kommentaar

AgriSA meen dat Nersa moontlik ‘n kragprysverhoging van tussen 20% en 25% vir een jaar aan Eskom gaan toestaan, terwyl druk oor dié tarief toeneem.


“Ek dink Nersa is tussen die duiwel en die diep blou see!” Dit was die reaksie van mnr. Johannes Möller, die voorsitter van Agri SA, nadat hy en mnr. Johan Pienaar, die adjunk uitvoerende direkteur van dié organisasie, gister ‘n verslag aan die Nasionale Energie Reguleerder (Nersa) in Johannesburg voorgelê het.

Nersa het die afgelope twee weke landswyd openbare verhore oor Eskom se jongste voorgestelde kragtariefverhoging aangebied. Die kragvoorsiener het verlede jaar ‘n aansoek by Nersa ingedien waarin hulle vra dat die land se kragtariewe tussen 2010 en 2012 jaarliks met 35% aangepas moet word.

Ekonomie kan nie dié verhoging hanteer nie
Möller sê hy dink nie Nersa sal anders kan as om ‘n verlaagde tarief aan Eskom toe te staan nie. “Feitlik elke party wat hier ‘n voorlegging gedoen het, het gesê hulle sektor kan dit nie bekostig nie. Baie het gevra dat hulle sektore van die verhoging vrygeskeld moet word, so in totaal vra almal vir ‘n laer aanpassing!”

Möller skat dat Nersa ‘n 25% verhoging vir dié jaar aan Eskom sal toestaan, en hulle nie tot ‘n drie jaar lange ooreenkoms gaan verbind nie. Mnr. Hans van der Merwe, uitvoerende direkteur, het gesê hy hoop dat die verhoging nader aan 20% sal wees. “Dit is duidelik uit die voorleggings dat Nersa gebombardeer is deur sektore wat nie die verhoging sal kan akkommodeer nie en derhalwe nie die ekonomie nie!”

Kragkostes sal met 146% styg
Luidens die verslag wat AgriSA voorgelê het, sal kragkostes in die landbousektor met R1,7 miljard, of 146% styg, mits Eksom se voorstel aanvaar word. Die sektor bestee tans sowat R1,16 miljard aan elektisiteit, wat na R2,85 miljard sal styg as die verhoging goedgekeur word.

Möller sê omdat boere prysnemers is, sal hulle nie dié tipe verhoging kan hanteer nie. Hy sê die meeste van die land se stapelvoedsel word onder besproeiing verbou, en sou die verhoging geïmplemeteer word sal dit nie meer vir boere winsgewend wees om te boer nie. Dit sal lei tot laer produksie van stapelvoedsel, wat hoër pryse aan verbruikers – veral armes wat daarvan afhanklik is – sal beteken.

Volgens AgriSA sal laer produksie en ‘n kleiner inkomste aan boere meen dat baie plaaswerkers hulle werk sal verloor. Dit is teenstrydig met die Regering se voorneme om werk in die land te skep.

Oplossings
Een van die oplossings waarvoor AgriSA gevra het, is dat die landbousektor by die verhoging uitgesluit moet word, aangesien die sektor minder as 5% van die land se krag gebruik. Nersa se paneel het egter daarna verwys dat baie sektore dieselfde voorstel aan hulle gemaak het, en dat dit die situasie ongelooflik gaan kompliseer. Die paneel het wel voorgestel dat die landbou dalk kan oorweeg om met die Regering oor subsidies in dié verband te onderhandel.

Nog ‘n voorstel wat Agri SA gemaak het, was dat die Reserwebank van sy oorsese beleggings kan losmaak en van daardie geld aan Eskom teen geen rente kan leen. Möller is van mening dat as Eskom behoorlik bestuur word, die maatskappy in staat sal wees om die lening aan die bank terug te betaal.

22 Januarie 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights