Deur NICO VAN BURICK
18 Oktober 2012

1322 keer gelees | 4 kommentaar

Duurder heffings op die verkoop van lewende diere en bees-, skaap en varkvleis geld vanaf November.


Ingevolge ’n afkondiging in die Staatskoerant verhoog die heffings op die verkoop van lewende diere en op die vleis van beeste, skape en bokke van 5 November af.

MSMS (Meat Statutory Measure Services) die onderneming wat vir die administrasie van die heffings verantwoordelik is, sê in ’n verklaring die verhogings by abbatoirs (BTW uitgesluit) vir beeste is  R7,10 per kop teenoor die vorige R6,45. Vir skape en bokke styg dit van R1,25 per kop tot R1,38.

Vleishandelaars betaal nou R450 pleks van R400 per jaar, of gedeelte van die jaar, waarin rooivleis, geprosseseerde varkvleis of rooivleisprodukte verkoop word.

Invoerders se heffing verhoog van R720 tot R792 per vraghouer vir rooivleis of rooivleisprodukte wat ingevoer word. Uitvoerders se heffing vir beeste styg van R6,45 per kop tot R7,10, vir skape en bokke van R1,25 per kop tot R1,38 en vir velle en huide van 1,24c/kg tot 1,37c/kg.

Verwerkers betaal nou 1,37c/kg teenoor die vorige 1,24c/kg terwyl agente en makelaars se heffing bly op 0,07% van hulle kommissie.  Velle en huide  se heffing verhoog van 1,24c/kg tot 1,37c/kg.

Lewende diere wat tussen koper en verkoper van hande verwissel en nie geslag word nie, se heffing verhoog vir beeste van R3,87 per kop tot R4,26 en vir skape en bokke van R0,83 per kop tot R0,90 per kop.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Elardus Engelbrecht

2012/10/18 08:49:13 AM

Ek erken ek het net 'n halwe breinsel, darem werkend, oor na al die jare, maar waarvoor word al daardie heffings gebruik? Dalk word 'n paar van my laaste bietjie breinselle ge-aktiveer... ;-D


speenkalf

2012/10/18 01:23:09 PM

Op soveel boeredae word tot vervelens toe genoem waarvoor hierdie fondse aangewend word. Die breinsel het nie nodig om geaktiveer te word nie... al wat moet gebeur is raak betrokke!!!!!!!!! dan weet jy. Of skryf in op die rpo se nuusbrief elektronies by www.rpo.co.za dan kry mens al die goed maandeliks. Die berig is ook foutief aangesien die oorspronlike afkondiging reeds op 11 November 2010 in Staatskoerant no 33751 gemaak is. Hierdie is bloot n verhoging wat reeds 2 jaar terug deur die bedryf aanvaar is, niks word duurder nie.


mkruger

2012/10/19 06:57:10 AM

Nee wat mens moet nie jou breinselle aktiveer nie want dan sal jy gou begin somme maak en agterkom dat hier word baie betaal vir bitter min resultate. Al vleis advertensie waarvan ek weet is Checkers se advertensie oor die sagte biefstuk. Ek is seker ek gaan 'n mooi antwoord kry oor wat met die geld gemaak word maar ja soos ek se "the proof is in de pudding" en in die geval is die "pudding" resultate wat maar bra skraps is.


Jsteenkamp

2012/10/22 09:51:32 AM

Kan enige iemand vir my asb verduidelik hoe ons verlede jaar vir A2 en A3 R56/kg gekry het en nou staan ons op R44/kg. Ek verstaan dit nie en sal graag wil he iemand moet dit vir my verduidelik. Wie druk die pryse so af.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights