deur ALANI JANEKE
20 September 2012

581 keer gelees | 1 kommentaar

Die Grondwethof het ’n tussentydse interdik, teen die instelling van die e-tolstelsel, ter syde gestel.


Beter paaie in Gauteng is “ ’n lig in die tonnel” vir boere wat veral vars produkte na Johannesburg en ander afsetpunte in Gauteng moet vervoer, aldus Agri SA. Die organisasie sê hy sal wel die bes moontlike tariewe vir vragmotors wil beding met die komitee wat die tariewe van die e-tolstelsel bepaal.

Mnr. Johan Pienaar, adjunk- uitvoerende direkteur, sê boere moes nog altyd grootskaalse onkoste aangaan om weens swak paaie – veral vanaf die noorde van die land – hul produkte by afsetpunte in Gauteng te kry. Die organisasie het verlede jaar bepaal, gebaseer op die aanvanklike voorgestelde tariewe, dat e-tolgeld die landbou tussen R3 miljoen en R6 miljoen per jaar ekstra sal kos om vars produkte na Johannesburg te vervoer.

Dié stellings volg nadat die Grondwethof Donderdag 20 September 2012 die interdik, wat die instelling van die e-tolstelsel in Gauteng verhinder het, ter syde gestel het. Luidens ’n berig op Nuus24.com is die interdik op 28 April deur die Hooggeregshof in Pretoria aan die Opposition to Urban Tolling Alliance (Outa) toegestaan.

Belasting

Pienaar sê as die geld vir die verbeterde paaie nie volgens die stelsel ingevorder word nie, sal dit by die land se algemene belasting of brandstofbelasting ingesluit word – wat gaan beteken dat alle belastingbetalers moet betaal vir die paaie in een geografiese gebied.

Die uitspraak beteken dat Sanral die tolgelde effektief van Vrydag 21 September 2012 af mag begin hef, maar luidens Nuus24.com is dit egter hoogs onwaarskynlik dat dit so gou gehef sal word.

Intussen het Cosatu volgens News24.com aangedui hy is vasbeslote om die instelling van dié tolgeld teen te staan. “Ons gaan dit teenstaan met elke moontlike mag wat ons het,” aldus mnr. Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal. “Cosatu is steeds vasbeslote om die e-tolgeld op straatvlak teen te staan. Die mobilisering is nie verby nie.”

Bronne:

Nuus24.com 

News24.com 

 

 

 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/09/21 09:36:44 AM

Viva Vavi viva - almal weet dat die wen wen waarvan die finansminister praat net vir die uitgesoektes is - invorderingskoste van R1 vir elke R3 - op watter planeet leef ons ? - en verwag sanral en die finansminister die verbruiker moet hiedie sluk? - dis mos duideliker as daglig dat hierdie net nog 'n manier is om geld uit die sak van die verbruiker vir die cadres te suig - Min Gordham en Sanral - geen reg wys verbruiker in die land sal u glo nie. die eenvoudige rede is dat ORAL wwar massiewe bedrae gevorder word in belastings en heffings , DAAR NOOIT GELD IS OM DIE DIENSTE TE LEWER NIE. So dit sal dieselfde hier wees - Massiewe inkomstes vir sanral en regering, maar geen geld vir opgradering. Die regering het al dekades terug begin om die fondse benodig vir die bou en opgradering van paaie by die prys van bradstof te voeg - en nou nog hierdie by ! - wat 'n klug.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights