Deur ALANI JANEKE
16 Oktober 2012

1143 keer gelees | 1 kommentaar

Statistiek van die Departement van Omgewingsake dui aan dat een renoster elke 15 uur tot dusver vanjaar doodgemaak is.


Altesame 455 renosters is tot dusver dié jaar vir hul horings in Suid-Afrika van kant gemaak. Dít is die nuutste statistiek wat die Departement van Omgewingsake en Waterwese bekend gemaak het. Volgens dié syfer word een renoster tans elke 15 uur in die land doodgemaak.
 
Die jaar se statistiek tot dusver is reeds hoër as die aantal renosters wat in totaal in 2010 en 2011 doodgemaak is, wat onderskeidelik 333 en 448 was.
 
Altesame 272 renosters is vanjaar al in die Kruger Nasionale Park (KNP) vir hul horings doodgemaak. KwaZulu-Natal, Limpopo en Noordwes is die provinsies wat die hardste getref word met 150 renosters wat al in dié provinsies doodgemaak is.
 
Verdagtes
Sedert begin vanjaar is 207 verdagtes weens stroping aangekeer. Verlede jaar en in 2010 is onderskeidelik 232 en 165 verdagtes in hegtenis geneem. Die meeste verdagtes is oor die drie jare in die KNP aangekeer.
 
Mpumalanga is die provinsie waar die meeste in hegtenisnemings, 57, al vanjaar aangeteken is. Limpopo en Gauteng is tweede en derde op dié lys met onderskeidelik 34 en 26 inhegtenisnemings.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


martie Nieman

2013/02/04 03:51:08 PM

Kap hulle hande af - die een wat die horing afgekap het en die ander een vir die koeël wat hy geskiet het. Hulle voel niks vir die diere nie en ons moet begin wys dat ons niks vir hulle voel nie, inteendeel hulle is erger as diere!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights