25 Oktober 2012

1084 keer gelees | 0 kommentaar

’n Verwoede elandbul het ’n boer van Ulco in die Noord-Kaap amper bokveld toe gestuur ná hy hom met sy horing gegaffel het.


Ná ’n boer ’n elandbul en -koei by die skape op sy plaas se voer probeer verjaag het, het dié bul hom aangeval. Die 35-jarige mnr. Attie Jansen van die plaas Donderboschfontein het 11 steekwonde aan sy bene, hande, elmboë, boude, rug en sy opgedoen.
 
Jansen het aan Volksblad vertel die bul is mak grootgemaak en was nog altyd op die plaas saam met ’n paar ander elande. Die dier weeg amper ’n ton en “is ’n bietjie moeilik. Ses maande gelede het hy ’n perd doodgemaak. Ons was van plan om hom te verwyder.”
 
Volgens Jansen se dokters is dit ’n wonderwerk dat hy nie inwendige beserings opgedoen het nie. Hy is ook gelukkig dat die senuwees en spiere in sy linkerbeen nie beseer is nie.
 
Die voorval
Die bul en die ander elande het die afgelope tyd oor die draad gespring en van Jansen se skape se voer gevreet. Jansen het die bul probeer weglok met ’n sak voerpille, en ná hy die sak neergegooi het, het hy gesien die bul – toe sowat 20m van hom af weg – storm op hom af.
 
Jansen sê die dier het hom met sy horings opgetel en neergegooi, en terwyl hy op die grond gelê het, het die dier hom gegaffel.
 
“Ek het hom aan die horings gegryp. Dit het hom gestuit, want hy kon nie lekker beweeg nie. Die werkers het intussen begin om hom met klippe te gooi en ’n geraas te maak. Hy het uiteindelik weggestap, waarna ek na die bosse gekruip het. Die werkers het die selfoon wat uit my hempsak geval het, gebruik om my pa (Zirkie) te bel.”
 
Jansen is na die Mediclinic in Kimberley geneem waar hy tans behandel word.
 
Bron: Volksblad
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights