Deur ALANI JANEKE
4 Junie 2012

1221 keer gelees | 8 kommentaar

Die verslag oor die doeltreffendheid van Slenkdalkoors-entstof is “onvolledig”, sê Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP).


Dr. Steven Cornelius, hoof uitvoerende beampte, het op navraag van Landbou.com gesê die verslag wat deur prof. Leon Prozesky, ’n patoloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria, saamgestel is, is weens onder meer dié rede nie openbaar gemaak nie.

Cornelius het gereageer op ’n mediaverklaring wat deur die Demokratiese Alliansie (DA) uitgereik is waarin vrae gevra word oor die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se stilswye ten opsigte van die verslag. Hy sê hulle het die verslag aangevra, en dit is aan boere gelek.

Uitgelaat

Volgens Cornelius het die verslag nie die inligting van die registrasiedossier bevat nie. Verder is die streng gehaltebestuur waaraan alle OBP-produkte blootgestel word en die streng beheer van die koueketting om entstof in die regte toestand by die verbruiker te kry, ook uitgelaat.

“Prof. Prozesky is nie ’n viroloog nie, maar ’n patoloog en het hoofsaaklik op dit wat op plase gebeur het gefokus,” aldus Cornelius.

Viroloog

Volgens Cornelius het hulle in reaksie op dié verslag ’n internasionale viroloog om sy mening gevra. Dié spesialis het aangedui dat:

- Slenkdalkoors-uitbrekings elke 5 tot 15 jaar voorkom en boere geneig is om nie hulle diere in te ent nie, wat tot lae immuniteit lei.

- Sodra ’n uitbreking voorkom, ent boere haastig hul diere in, maar immuniteit sal eers ’n week tot twee weke later voorkom, en die volle potensiaal drie weke later bereik.

- Baie diere word met een naald ingeënt, wat beteken dat die virus versprei word.

Cornelius sê hulle is bewus van bewerings dat sommige veeartse wat die entstof by die OBP gekoop het, dit verdun het en dit dan in hul eie verpakking aan boere verkoop het. Hy sê dié bewerings kan nie bevestig word nie, maar volgens ’n verklaring keur die departement dit ten sterkste af en waarsku oortreders dat streng teen hulle opgetree sal word.

Brusellose
Intussen sê Cornelius die brusellose-entstof waaroor die DA hulle ook gekritiseer het, is nie hul entstof nie. Hy sê die aanvanklike klagte wat ontvang is oor ondoeltreffende entsof wat dié siekte betref, was vir RB51. OBP verkoop glo nie dié entstof nie.

Die DA ondersoek die doeltreffendheid van entstowwe die afgelope paar maande en klagtes is reeds by die Verbruikerskommissie ingedien om die situasie te ondersoek.

Landbou.com wag tans op terugvoering van Prozesky oor die beweringe.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Erika

2012/06/04 02:56:40 PM

Die bekende S19 entstof sal nie help keer dat 'n S19 geente bees Brucellose kry nie. Blykbaar help dit grootliks keer dat aborsies voorkom.Enting is dus net 'n hulpmiddel teen risiko van aborsies en nie regtig 'n effektiewe entstof nie!


Sunelle

2012/06/04 07:15:59 PM

Dit is onaanvaarbaar dat OBP die veeartsberoep se integriteit deur die modder sleep weens bewerings.


a brandt

2012/06/04 08:57:48 PM

http://en.wikipedia.org/wiki/Rift_Valley_fever http://www.who.int/mediacentre/factsheets/fs207/en/ Die inligting op bogenoemde webblaaie is nie net maklik verkrygbaar nie, ek sou sê dis 'n vetrekpunt eerder as eindpunt. Entstof moet ook deurlopend korrek hanteer word: tussen 5 en 8 grade Celsius, anders verloor dit effektiwiteit. Wat word gedoen om te bevestig dat dit wel teen aankooptyd gedoen is? Hoeveel mense kla hulle het 'n week na inenting talle vee verloor? WHO sê dat inenting tydens infeksie juis die storie versterk. Ek glo dit is ongelukkig die waarskynlikste moontlikheid as ek na die mense se klagtes kyk.


M. Kleynhans

2012/06/05 08:58:18 AM

Erika. Gaan lees net bietjie en bou kennis op voor jy jou naam so met 'n plank slaan. Dis "clueless" mense soos jy wat onkundige boere deurmekaar maak.


Speen....

2012/06/05 12:06:41 PM

Die feite is dat daar baie forums is soos die Animal Health Forum, RIMIF, RPO ens wat namens produsente hierdie baie belangrike saak hanteer. Nou het die politici hulle op begewe op 'n terrein wat niks met hulle te doen het nie. Ek boer nie in die Ooskaap nie maar daardie boere het al my simpatie omrede hulle kan se en doen wat hulle wil, hulle sal as eindverbruikers die afspit moet delf.


Fernando

2012/06/05 02:51:44 PM

Kleynhans as jy dan 'n onkundigge boer of veearts? Die reaksie van Erika is juis geskoei op maande se inligting wat sy bymekaar gemaak het op die inenting van beeste met beide S19 en RB51 waarvan sy die helfte van haar kudde verloor het weens die siekte. Dit is juis hierdie soort van reaksie wat jy tentoonstel wat beteken ons gaan nie vooruit nie wat jy maak stellings waarvan jy dit nie eers ordentlik navors nie of nie aan eie baas voel maar ons boere voel dit in ons rekening in ons wese en in ons siel. Gaan laai jy 'n vers in die top punt van haar produksie lewe vir die slagpale en waarvan jy 5 jaar van jou lewe gespandeer het aan die regte teël material en seleksie net om haar te laat slag oor entstowe. Ons praat weer en baie sterkte hoop jou kennis vebreed vinnig.


Annette

2012/06/08 10:20:27 AM

Politici raak dalk betrokke oor die kommentaar van Fernando. Waarom moet mense soos Erika en boere in die Oos Kaap en elders self navorsing doen oor vrektes van vee. Waar is die staat in hierdie oefening?


Piet

2012/06/08 09:02:53 PM

Ja ons raak op ons senuwees oor slenkdalkoors,''touch wood'' ek het nog nie vrektes oor dit gehad nie maar van my bure wel,dit is te danke aan 'n ou oom van 80 jaar of meer wat ek nie ken nie, of geken het nie en die oom was in 'n ry voor my in die Koopperasie en hy het snaakse goed gekoop wat ek nie ken nie en ek as beginner boer het hom gevra wat maak hy met die snaakse goed,en die oom het vir my die resep gegee ,onder andere daar is Little's Dip en Stockholm teer in en glo my vry 'n muggie of muskiet gaan sit nie op 'n lip wat vol Little's Dip is nie,ek gebruik ook Little's Dip om nie Malaria in Afrika te kry nie,daar is ook mense wat glo Little's Dip genees kanker[en dit is waar],en ek het 'n aambei gehad en na 7 dae na gebruik van Little's Dip is die aambei weg vir kieps ,die resep vir menslike gebruik is 4 druppels op 'n kwart glas melk 3 x per dag. Leave it or believe it. Tatta Pieta

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights