Deur ALANI JANEKE
15 Junie 2012

529 keer gelees | 3 kommentaar

Vir die derde agtereenvolgende jaar het Eskom se jaarlikse wins ’n styging getoon, met die 2011/2012-boekjaar se wins van R13,2 miljard.


Ten spyte daarvan dat hoë kragpryse verbruikers hard tref en Eskom om nóg ’n verhoging aansoek gedoen het, maak die maatskappy ’n enorme wins.

Eskom het in sy afgelope boekjaar, vir die derde agtereenvolgende keer, ’n styging in sy wins aangeteken. Sy wins vir die boekjaar van Maart verlede jaar tot einde Maart vanjaar het op R13,2 miljard te staan gekom. Die maatskappy het in September verlede jaar R12,8 miljard verwag, ná ’n wins van R8,4 miljard vir die 2010/’11-boekjaar aangeteken is.

Volgens ’n mediaverklaring sal dié wins ten volle aangewend word om die maatskappy se beoogde uitbreidings te finansier en om sy skuld te betaal.

Ander maatskappy

Mnr. Brian Dames, hoof uitvoerende beampte, sê Eskom is tans nie die maatskappy wat hy twee jaar gelede was nie. “Ons het ’n strategie om Eskom in ’n hoëwerkverrigting-eenheid te verander en om dit te posisioneer om te groei. Hoewel ons nog nie daar is nie, het ons nou die boublokke om die maatskappy vorentoe te neem.”

Mnr. Malusi Gigaba, Minister vir Openbare Werke, sê hulle is opgewonde daaroor dat die finale fase van die oprigting van die Medupi-kragsentrale onderweg is. Dié kragsentrale sal na verwagting voor einde volgende jaar sy eerste krag aan die nasionale kragnetwerk lewer.

Eskom se koste het in die afgelope boekjaar met sowat 29% gestyg, met primêre energie per kilowatt-uur wat die hoofdrywer was. Die koste om steenkool te brand, het met 20,8% gestyg, terwyl Eskom sowat R3,3 miljard moes bestee om krag van ander bronne aan te koop.

Nuwe verhogings aansoek
Mnr. Dawie Maree, kommersiële bestuurder van Agri SA, sê die maatskappy het aangedui dat hy oor die volgende vyf jaar vir kragprysstygings van tussen 14% en 15% per jaar sal aansoek doen. Die kragvoorsiener het vroeër aan die media gesê dat dié styging uiteindelik op ’n 50%-verhoging oor die tydperk te staan kan kom.

Hy sê hulle wag intussen op die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye om ’n voorstel oor goedkoper tariewe vir die landbou aan die Kabinet voor te lê. “Die verslag is verlede jaar in Januarie reeds aan die departement oorhandig, en ons roer dit gereeld aan deur middel van byvoorbeeld die Forum vir hoof uitvoerende beamptes,” vertel Maree.

Die nuwe tariewe behoort van April 2013 af van krag te wees.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


X.Brittz

2012/06/15 10:04:33 AM

As eskom moet sulke groot winste genereer as hul die groot skuldlas wat hul besig is om aan te gaan om hul uitbreidingsprogram te finansier wil delg.Dit help nie eskom breek bloot gelyk nie anders is daar nie geld vir herinvestering en uitbreiding van die krag netwerk nie en as dit nie gebeur nie is ons almal sonder krag oor n paar jaar.Die vraag is net of hierdie enorme winste wel vir kapitale uitbreiding aangewend gaan word en of dit eerder yslike winste aan eskom se top bestuur gaan uitbetaal?


butch

2012/06/15 03:47:30 PM

Mnr Dames - terwyl u in beheer is, moet u sommer die onderneming herdoop na "Titanic" - eskom is soos 'n groot skip op die oseaan wat alles voor hom platvee.Hierdie "prestasies" waarop eskom roem , kom van 'n paar ganse in die land wat nog eiers lê. Soos 'n melkbees opdroog , hou die gans ook op om eiers te lê. Onder die huidige ekonomiese omstandighede, beskou ek u as 'n moedige man. Skep maar solank u kan.


Burgert Terblanche

2012/06/17 08:57:58 PM

“In South Africa it is not the price of bread which is the problem; it is the cost of government controlled monopolies and costs imposed by government institutions. These include the cost of electricity which is escalating beyond what many will be able to afford, and in many cases now exceeds the cost of accommodation. The cost of municipal services that provide questionable value for money, which has long exceeded what most pensioners can afford; private firms having to compete with loss making government institutions propped up with taxpayers funds”. http://www.freemarketfoundation.com/DynamicData/Event_61.pdf

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights