Deur ALANI JANEKE
16 Julie 2012

1065 keer gelees | 3 kommentaar

Ná Eskom ’n 60%-verhoging in wins in die vorige geldjaar aangeteken het, vra hy nou vir tariefstygings van 14,56%.


Eskom se jongste aansoek om ’n kragtariefverhogings stuur skokgolwe deur die ekonomie. Die semi-staatsinstelling het Vrydag (13Julie 2012) met die georganiseerde landbou vergader.

Mnr. Dawie Maree, kommersiële bestuurder by Agri SA, sê dié organisasie, die TLU SA en die African Farmers’ Association of South Africa (Afasa) is op di vergadering in kennis gestel van die nuwe aansoek wat Eskom aan die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) gaan stuur.
 
Volgens dié aansoek vra Eskom vir ’n kragprysverhoiging van 14,56% per jaar vir die volgende vyf jaar. Maree sê hoewel dit ’n goeie vergadering was, het die georganisserde landbou aan Eskom genoem dat die landbou nie so ’n styging sal kan hanteer nie.
 
Beding
Maree sê ná die aansoek ingedien is, sal Nersa ’n openbare kommentaarproses moet volg. Dié proses sal voorleggings van organisasies en openbare verhore insluit. “Ons sal beslis probeer beding vir ’n beter tarief.”
 
Verdere kommer bestaan dat Eskom opgemerk het dat hy ook na ’n kosteverhalingsbenadering wil oorskakel, soos wat tans deur die Departement van Waterwese gebruik word “en dit maak die tariewe aansienlik hoër,” verduidelik Maree.
 
“Die landbou sal nie ’n verhoging kan bekostig nie, veral as ’n mens ander kostestygings wat ook voorkom, in ag neem. Hoewel dié verhogingsaansoek nie 35% is nie, bly dit steeds hoog vergeleke met die verbruikersprysindeks (VPI) en produsenteprysindeks (PPI),” verduidelik Maree.
 
Breek monopolie af
Die Demokratiese Alliansie (DA) sê dié verhogingsaansoek is ’n teken dat die maatskappy se monopolie in die mark afgebreek moet word. Luidens ’n verklaring sê die party dié verhoging sal die maatskappy in staat stel om oor die volgende vyf jaar sowat R1 triljoen bymekaar te maak vir kapitaal-uitbredingsprojekte.
 
Die party beskryf dié verhoging as “onhoudbaar en onvolhoubaar”, veral as in ag geneem word dat die maatskappy vir die geldjaar wat in Maart vanjaar geëindig het, ’n styging van 60% in sy wins aangeteken het.
 
Mnr. David Ross, die party se woordvoerder vir energiesake, sê hy sal ’n versoek aan die Mededingingskommissie stuur om te vra dat dit die moontlikheid om die maatskappy se elektisiteitsopwekkings en verspreidingskomponente te skei. “Dit sal hulle monopolie in die mark aansienlik verlaag en mededinging in die energiesektor verbeter.”
 
Die verhoging kan, volgens Ross, tot die ondergang van verskeie kleinskaalse ondernemings lei en derduisende werksverliese veroorsaak.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


B RENS

2012/07/16 04:39:21 PM

Eskom is nog n parasiet wat vet gevoer word


butch

2012/07/17 10:10:58 AM

Ek stem saam met mnr Ross dat eskom se monopolie gebreek moet word en dat dit aan die mededingingskommissie verwys moet word. 50% Van eskom se probleem lê by sy gebrek aan bevoegdheid om te bestuur en hy probeer sy mislukkings van van 'n paar oorlewendes in die land verhaal. Die lys met gemors waarmee hulle wegkom is te lank om hier te noem, maar behels onder meer grootskaalse/massiewe bedrog wat hulle eie woordvoerder na die Openbare Beskermer jaar of wat terug verwys het en waaroor het nie 'n enkele haan gekraai het nie. Verder blaas hul eie onbevoegde personeel hulle toerusting op wat R1.3miljard (dis ook nog te betwyfel) kos om te herstel. Ek stem met b Rens saam dat eskom in 'n parasiet ontaard het wat geweldig vroom op die verhoog staan en kriminele vergoeding vir sy bestuur opeis. eskom se hele opset is verdag en alvoor van sy hele bestuur nie ontslae geraak word - en 2 boere deel van die direksie gemaak word - sal dinge daar dieselfde bly - en sal die paar oorlewendes - VIR HOE LANK NOG - gemelk word totdat alle wiele afval en die wa gaan lê - dit mnre eskom , is net 'n matter of time ! Eskom is op geen gebied openlik met sy kliente/publiek nie en sy werkswyse is 'n resep vir mislukking en chaos- met hoegenaamd geen simpatie vir produsente nie


Klippies

2012/07/18 07:55:46 AM

Plase, dorpe en stede moet begin om hul eie windturbines op te sit om so hul eie krag te voorsien. Eskom het die monopolie en maak net wat hulle wil. Laas jaar se wins van R13miljard is steeds nie genoeg nie terwyl die armes al armer word. Die regering sal nou moet ingryp!!@

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights