Deur JOYLENE VAN WYK
7 Junie 2012

332 keer gelees | 1 kommentaar

Eienaarskap van grond moet aan begunstigdes gegee word wat grond by die Regering gekry het, sê mnr. Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou en landelike ontwikkeling.


Van Rensburg het in die Nasionale Raad van Provinsies gesê nuwe boere kla dat hulle nie toegang tot finansiering kan kry om te vorder op die plase wat die Regering vir hulle met sy Plas-program aangekoop het nie.

Hy meen as die begunstigdes die plase besit, sal hulle finansiering van die private sektor kan bekom. Dit sal dit ook makliker maak om ondersteuningsprogramme van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, in werking te stel.

“Ons kan hierdie plase teen ’n rentekoers van 1% aan die begunstigdes verkoop met finansiering van die Regering.”

Geleenthede
Met die titelakte in die hand, sal hierdie boere gemotiveer word om hul plase te verbeter en daarin te belê met finansiering van die private sektor.

“Daar is nuwe boere daar buite wat die geleenthede wil gebruik wat die Regering hulle gegee het om onafhanklike, kommersiële produsente te word. Hulle het die vermoë om mense in diens te neem en ’n bydrae tot die ekonomie te lewer.”

Hierop het mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, geantwoord dat die verhuringsproses nie reg verstaan word nie. Die minimum lang termyn vir die huurkontrakte is 30 jaar. Nkwinti het aangedui dat die departement ook huurkontrakte van 50 jaar aan begunstigdes gegee het.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


mkruger

2012/06/09 12:29:07 PM

Hou ding net soos dit is. Gee jy die grond aan die nuwe begunstigdes dan verkoop hulle dit binne 2 jaar wanneer hulle sien dit is nie maanskyn en rose nie, aan mnr Van Rensburg en sy ryk vriende. Al wat moet verander is dat die regering moet gereeld oudits hou op die plase en die boere wat wil/kan boer so bietjie help en die wat nie wil/kan nie maar 'n ander heenkome gee sodat die plase aan boere wat wil/kan boer gegee kan word.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights