Deur JOYLENE VAN WYK
11 September 2012

561 keer gelees | 1 kommentaar

Geen hidrobreking, maar slegs gewone eksplorasie vir skaliegas mag voorlopig gedoen word, is besluit.


Geen hidrobreking (fracking), maar slegs gewone eksplorasie vir skaliegas mag gedoen word totdat duidelikheid oor hierdie energiebron gekry word, het me. Susan Shabangu, Minister van Minerale Hulpbronne, gesê.

Shabangu het die bestuursopsomming en voorstelle van die verslag oor die moontlikheid van hidroliese breking in die Karoo om skaliegas te ontgin, in die Parlement bekend gemaak. Sy het verduidelik dat dit beteken dat maatskappye wie se lisensies goedgekeur word, slegs mag boor en hoegenaamd nie hidrobreking mag toepas nie.

Die Kabinet het die verslag van die taakspan wat in die lewe geroep is om dit te ondersoek, onlangs goedgekeur.
“Ons praat van die aanvanklike proses. Daar sal geboor word, maar daar is met die Kabinet ooreengekom dat hidrobreking nie nou gedoen kan word nie. Daar sal geboor word om die potensiaal te bepaal, maar ons sal moet seker maak dat dit binne die omgewingswette plaasvind.”

’n Moniteringskomitee sal aangestel word om te verseker dat voldoende veranderinge in die reguleringsraamwerk gedoen word en dat die werk gemonitor word.

Veranderinge kan lank duur
Veranderinge aan die huidige regulatoriese raamwerk en beheermaatreëls daarvoor kan tot 12 maande duur.
Me. Naledi Pandor, Minister van Wetenskap en Tegnologie, het dit voorheen duidelik gemaak dat sy haar tot wetgewing sal wend as die ontginning van skaliegas deur hidrobreking die SKA-radioteleskoopprojek in gevaar stel.
Shabangu het aangedui dat hierdie kwessie ’n groot debat in die Kabinet ontketen het.

As daar aanduidings is dat hidrobreking, wanneer dit in die toekoms goedgekeur word, die land se waterbronne of die SKA-projek in gedrang kan bring, sal die proses onmiddellik gestaak word, het sy benadruk.
“Ek moet ’n verantwoordelike landsburger wees wanneer dit by kwessies van die omgewing kom.”

Sy het gesê vyf maatskappye, inluitende Shell, het in 2010 om lisensies aansoek gedoen. Hoewel daar nog nie finaliteit oor hidrobreking bereik is nie, sal voortgegaan word om lisensie-aansoeke te aanvaar.
Verskeie instansies, veral die Treasure the Karoo Action Group (TKAG), hou die besluitneming rakende die proses fyn dop en staan gereed om die proses met hand en tand te beveg.

Mnr. Jonathan Deal, voorsitter van die TKAG, het ná die mediakonferensie gesê dat hy Shell se omgewingsplan bestudeer het en dat hy nie kan sien hoe Shell kan bereik wat hy wil deur slegs te boor nie. Hy sal hidrobreking moet gebruik.

*Vind aangeheg die taakspan se verslag oor hidrobreking en skaliegasontginning.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/09/12 08:34:54 AM

Gaan iemand probeer vasstel watter betaalings deur die eksplorasiemaatskappy gedoen word aan amptenare en politici vir hierdie regte om te eksploreer? - Vir seker sal dit aardige bedrae syn ! Ons onthou mos die wapentransaksies se aanlope

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights