deur ALANI JANEKE
9 Oktober 2012

529 keer gelees | 0 kommentaar

Die demografieë van gemeenskappe moet ag geneem word vir landelikke ontwikkeling, sê minister.


Die verskille tussen groepe in landelike gemeenskappe moet in ag geneem word wanneer beleide vir landelike ontwikkeling opgestel word. Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, het verlede week op die Landelike Ekonomiese Transformasiekonferensie gesê in dié verband moet geen sogenaamde “kombersbeleide” oorweeg word nie.

Nkwinti sê sulke beleide het reeds gefaal omdat dit nie die verskille binne landelike gemeenskappe in ag neem nie. Verteenwoordigers van nie-regeringsorganisasies, verskillende landbou-organisasies en werkersgroepe was op die konferensie om te help om ’n geskikte landelike ekonomiese ontwikkelingsbeleidsraamwerk saam te stel, berig Business Day.

Deelname
Volgens Nkwinti wil hulle hê landelike gemeenskappe moet eerder aan die saamstel en toepassing van so ’n beleid deelneem as wat dit voorgeskryf en aan hulle opgedwing word. Dié plan sal deel word van die omvattende landelike ontwikkelingsplan, die Nasionale Ontwikkelingsplan, die Nuwe Groeistrategie en die Nasionale Infrastruktuurbouplan.

Mnr. Solomon Tsenoli, Adjunkminister van Landelike Ontwikkeling, het op sy beurt gesê die beleid sal probeer om die ongelyke verdeling van inkomste en werksgeleenthede in landelike gemeenskappe uit die weg te ruim, asook die vlak van toegang tot maatskaplike dienste en die hoë vlak van ongeletterdheid. Dit sal ook fokus op die misbruik of gebrekkige gebruik van natuurlike hulpbronne.

Me. Leona Archary, adjunk direkteur-generaal, sê plaaswerkers se lone sal ook ondersoek word.

Bron: Business Day 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights