Deur ALANI JANEKE
13 September 2012

737 keer gelees | 0 kommentaar

Hoewel boere gevra is om hul vee teen slenkdalkoors in te ent, is geen entstof beskikbaar nie, sê die DA.


Kommer is die afgelope week tydens die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) se nasionale kongres uitgespreek oor die beskikbaarheid van entstof  teen slenkdalkoors by Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP).

Tydens die kongres is dr. Steven Cornelius, hoof uitvoerende beampte van OBP, gevra of enige entstof beskikbaar is, aangesien bewerings oor die teendeel die ronde doen.
 
Cornelius het die kongres verseker dat entstof wel beskikbaar is. Intussen het me. Annette Steyn, landbouverteenwoordiger vir die Demokratiese Alliansie (DA), Donderdag (13 September 2012) ’n verklaring uitgestuur waarvolgens OBP nie enige voorraad het nie.
 
Luidens ’n verklaring sê Steyn die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het vandeesweek ’n waarskuwing aan boere gerig om hul diere teen dié siekte te begin inent. Dit volg nadat boere verlede jaar groot verliese weens die voorkoms van die siekte gely het. “Sommige boere het verlede jaar slegs 20% van hul lammers behou,” sê Steyn.
 
Doeltreffend
Steyn sê dat as boere sou kon inent, daar egter geen waarborg is dat die entstof doeltreffend sal wees nie.
 
“Boere ent nou nie in nie, óf hulle ent in sonder enige vertroue óf hulle word gedwing om duur generiese entstowwe in te voer. Generiese produkte is nie spesifiek ontwikkel om siektes in Suid-Afrika te behandel nie. Dít kan verdere komplikasies veroorsaak, soos weerstandigheid in die toekoms,” aldus Steyn.
 
Sy sê onmiddellike optrede is nodig om te verseker dat die bedryf nie verdere verliese ly nie. Sy sê die nodige stappe moet gedoen word om te verduidelik waarom die entstof vroeër nie geslaag was nie. Verder moet me. Tina Joemat-Petersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, bevestig dat stappe gedoen word om die voorkoms van die siekte te beperk.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights