27 Augustus 2012

482 keer gelees | 0 kommentaar

’n Landelike gemeenskap noord van Pretoria het ’n projek aangepak om wildstopery hok te slaan.


Wildstropery is ’n geweldige groot probleem in die Buffelsdrift-bewarea, noord van Pretoria, en die gemeenskap het besluit om saam te werk om dit hok te slaan.

’n Projek is onderneem om die omgewing strategies te patrolleer, en volgens ’n verklaring het die patrollies afgekom op verskeie strikke. Karkasse van diere wat in die strikke gevang is, is ook gevind.

Mnr. Dicks Dietrichsen, lid van AfriForum se Kameeldrift-Oos tak, hoewel die misdaad ’n groot uitdaging is, lê die oplossing by die plaaslike gemeenskap.

“Die omgewing en sy dierelewe is ons erfenis. Dit is ons verantwoordelikheid om op te staan vir dié wat nie ’n stem het nie. Wildstropery is ’n misdaad en diegene wat hulle daaraan skuldig maak, sal ook so gehanteer word,” aldus Dietrichsen.

Ander gemeenskappe
Dietrichsen sê die organisasie moedig ander gemeenskappe aan om betrokke te raak om die kwessie van wildstropery aan te pak. “AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om daadwerklik op die uitkyk te wees vir strikke op kleinhoewes en plase en om dit te verwyder.”

Die organisasie en die Buffelsdrift-bewarea het diegene wat aan die patrollie deelgeneem het, opreg bedank. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Landelike Beveiligingseenheid, die Tshwane-Metropolisie se Berede-eenheid, Gauteng Natuurbewaring, lede van Praesidium-buurtwag, inwoners van die bewarea en gemeenskapslede wat buite die bewarea woon, het aan die patrollie deelgeneem.

Dietrichsen sê verdere ondersoek gaan ingestel word om te bepaal op watter ander maniere wildstropery in die gebied voorkom kan word.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights