Deur ALANI JANEKE
8 Augustus 2012

994 keer gelees | 0 kommentaar

Plaaslike gewasproduksie gaan na verwagting oor die volgende 18 maande met 300 000 ha toeneem.


Suid-Afrika se produksie vir gewasse gaan volgende jaar die hoogste vlak van hektare beplant sedert 2004 bereik.

Dít sal die gevolg wees van die toename in kommoditeitspryse wat na verwagting tydens die 2012/’13-produksieseisoen aansienlik hoër as produksiekostevlakke sal wees. Dié bepaling en verwagting vorm deel van die Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP) se vooruitskouingsverslag vir 2012 tot 2021.
 
Luidens die verslag is dié verwagting ’n groot verandering van wat in Maart en April die jaar vir die 2012/’13-produksieseisoen verwag is. ’n Afname is aanvanklik verwag, veral nadat Amerika sy aanplantingsverwagtinge bekend gemaak het en rekordoeste vir mielies en sojabone vir dié landbouproduksieleier verwag is.
 
Die droogte in Amerika het egter dié verwagting verander, veral nadat dit duidelik geword het dat die droogte ’n ernstige impak op Amerika se aanplantings gehad het. Dit het tot hoër internasionale kommoditeitspryse gelei.
 
Mielies
Die BFAP verwag dat mielieproduksie wêreldwyd volgende jaar hoog sal wees, wat sal lei tot ’n moontlike oorskot. Gevolglik sal die wêreld se voorrade  weer opgebou kan word. Verder word voorspel dat pryse later volgende jaar sal begin daal namate voorraadvrese begin afneem.
 
In Suid-Afrika word op medium-termyn verwag dat meer geel mielies aangeplant sal word, wat tot ’n daling in witmielie-aanplantings sal lei. Dié scenario word verwag weens ’n toename in die vraag na mielies as voer.

Die totale mielie-aanplantings sal na verwagting wel afneem met die verwagting dat boere na die verbouing van oliesade begin oorslaan. Hoewel minder mielie-aanplantings verwag word, voorspel die BFAP dat produksie rondom 12 miljoen ton per jaar sal beweeg, met ’n verhoging van sowat 2% per jaar.
 
“Suid-Afrika sal ’n netto uitvoerder van wit mielies bly, maar sal dalk teen die einde van die scenariotydperk (2021) geel mielies moet invoer omdat die vraag na geel mielies vinniger sal groei as wat die produksie sal groei,” aldus die BFAP.
 
Koring
Intussen word voorspel dat die verbruik van koring oor die scenariotydperk sal afneem. Pryse sal na verwagting volgende jaar begin daal, waarna dit sywaarts sal beweeg en nog effens daal om op dieselfde vlakke as ander voerpryse te beweeg. “Ten spyte van die voorspelde afname, sal pryse na verwagting bo prysvlakke van voor 2007 bly,” lui die verslag.
 
Wat die Suid-Afrikaanse bedryf betref, verwag die BFAP nie dat die afname in aanplantings wat in die vorige dekade voorgekom het, sal voortgaan nie. Vir die scenariotydperk word koringaanplantings van rondom 600 000 ha per jaar verwag.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights