GM kies koers uit Suid-Afrika, Isuzu bly

Deur Andries Groenewald
19 Mei 2017
GMSA onttrek van die Suid-Afrikaanse mark as gevolg van 'n wêreldwyse rasionalisasieproses. Die nuus is egter nie só sleg vir Isuzu-eienaars nie.

General Motors South Africa (GMSA) skort sy aktiwiteite op, maar vir Isuzu-eienaars is daar gelukkig goeie nuus, want dié gewilde eentonner bly volstoom sake doen hier aan die suidpunt van Afrika.

Volgens ‘n gesamentlike verklaring van GMSA en Isuzu Motors gaan GMSA die plaaslike vervaardiging van sy voertuigreeks staak en Chevrolet-produkte sal gevolglik slegs tot aan die einde van 2017 verkoop word.

Isuzu Motors gaan GMSA se vervaardigingsaanleg vir ligte kommersiële voertuie by Struandale naby Port Elizabeth by GMSA koop. Die vervaardiging van eentonners, asook medium- en swaar vragmotors, gaan dus voort en beplan glo selfs om Isuzu se verteenwoordiging in Suid-Afrika en Afrika te versterk.

Rasionalisasie
Die onttrekking van GM aan Suid-Afrika is deel van die maatskappy se wêreldwye rasionalisasieproses om finansiële oorlewing. Die maatskappy sluit byvoorbeeld ook sy vervaardigingsaanleg in Indië. In hierdie omdraaiproses van GM bly duisende werkgeleenthede wêreldwyd in die slag.

Vir talle sentimentele Suid-Afrikaners is dit nogal effe hartseer dat die era van ‘braaivleis, sonskyn en Chevrolet’ teen die einde van vanjaar in die stof byt.


Kommentaar

Een kommentaar op “GM kies koers uit Suid-Afrika, Isuzu bly

  1. Susan van Zyl
    Susan van Zyl

    Sal ons enige parte nog in SA kan kry? Ek ry n Spark en my man n Chev Utility bakkie


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels