deur ALANI JANEKE
1 Februarie 2011

1488 keer gelees | 0 kommentaar

‘n Goeie gees heers tans tussen die RPO en NLU oor oplossings vir die moontlike onwettige vleishandel op die Suid-Afrika en Namibiese grens.


‘n Goeie gees heers tans tussen die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) en die Namibiese Landbou-unie (NLU) oor oplossings vir die moontlike onwettige vleishandel op die grens tussen Suid-Afrika en Namibië.

Luidens ‘n verklaring het die afvaardigings van die Vleisforum van Suid-Afrika, die RPO, die NLU en die maatskappy wat `n ondersoek oor onwettige vleishandel namens die RPO gedoen het, vroeër vandeesmaand vergader.

Volgens die verklaring is die bewerings van onwettige handel met vleis en vleisprodukte tussen die twee lande bespreek.

“Die doel was ook verder om die beweerde tekortkominge, indien enige, aan albei kante van die grens te identifiseer sodat die relevante instansies die nodige regstellings kan maak,” lui die verklaring.

Mnr. Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die RPO, sê hulle is baie tevrede met die positiewe gesindheid wat tussen die organisasies heers.”Ons gaan nou verder oor probleme gesels en maniere soek om tekortkominge aan te spreek.”

Verslag nog nie beskikbaar

Volgens die NLU is die verslag waarin die beweringe van ongerymdhede verskyn, nog nie aan hulle beskikbaar gemaak nie.

“Die RPO van Suid Afrika, die opdraggewer van Agri Inspec (wat die ondersoek gedoen het) en dus die eienaars van die verslae, het onderneem om by hulle volgende vergadering te besluit of die verslae aan Namibië beskikbaar gestel sal word,” aldus die NLU.

Kleynhans bedank

Intussen is dr. Hennie Kleynhans sedert 1 Januarie 2011 nie meer die besturende direkteur van Agri Inspec nie. Mnr. Bertus de Jongh, uitvoerende hoof van die Melkprodusente-organisasie (MPO), sê Kleynhans het verlede jaar uit die pos bedank.

Volgens De Jongh doen hy steeds kontrakwerk vir die MPO en hy is steeds op die direksie. Uitsprake wat Kleynhans verlede jaar oor van die ondersoeke in die verband gemaak het, het tot groot ontevredenheid gelei.

1 Februarie 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights