7 Junie 2012

2273 keer gelees | 2 kommentaar

Trekkerverkope in Suid-Afrika stu steeds voort met 30% groei vir Mei vanjaar vergeleke met dieselfde maand verlede jaar.


Volgens ’n mediaverklaring van die SA Landboumasjinerie-assosiasie (SAAMA) is 580 eenhede verlede maand verkoop, vergeleke met 445 eenhede in Mei verlede jaar.

Vanjaar is tot dusver ook ’n baie goeie jaar vir trekkerverkope met sowat 37% meer as verlede jaar. Ook stroperverkope vaar goed met 56 eenhede wat verlede maand verkoop is. In Mei verlede jaar is 33 eenhede verkoop.

Volgens SAAMA sal die swakker rand lei tot hoër pryse vir toerusting.

“Sekere boere sal vroeër oor aankope besluite en dit sal waarskynlik op kort termyn tot beter verkope lei. Ramings vir trekkerverkope in die bedryf is opwaarts aangepas vir die 2012-kalenderjaar en word nou geraam teen ’n vlak wat meer ooreenstem met die bykans 7400 eenhede wat verlede jaar verkoop is,” lui die verklaring.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


A Rossouw

2012/06/11 02:34:40 PM

Is die trekker verkope in di noorde of siude saai wereld of vrugte en wyn bedryf


corlivdm

2012/06/11 03:04:03 PM

@A Rossouw Ongelukkig word die besonderhede wat jy versoek nie aangedui nie. Jy kan egter vir SAAMA kontak, dit is moontlik dat hulle jou dalk kan help. http://www.saama.co.za/ Groete, Corli

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights