Deur ALANI JANEKE
12 September 2012

396 keer gelees | 0 kommentaar

Die geskorste Direkteur-generaal van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye kry dalk ’n goue handdruk.


Sowat R2,5 miljoen sal volgens die Demokratiese Allianse (DA) se berekeninge aan die geskorste Direkteur-generaal van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye uitbetaal word. Die party sê dit het rugbaar geword dat mnr. Langa Zita dié bedrag as ’n goue handdruk sal ontvang ná hy weens “administratiewe redes” geskors is.
 
Die bedrag is saamgestel uit nege maande se volle salaris en 30% van sy maandelikse salaris tot en met die einde van sy kontrak, wat in 2014 sou verstryk het. Me. Annette Steyn, DA verteenwoordiger, sê me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, moet duidelikheid verskaf oor die status rondom Zita.
 
Skuldig
Volgens die DA moet die spesifieke redes vir Zita se skorsing bekend gemaak word, en as hy aan onbevoegdheid en korrupsie skuldig bevind word, moet die nodige bewyse beskikbaar gestel word sodat ’n vervolgingsproses gevolg kan word.
 
Die DA sê dit wil tans voorkom asof die redes vir Zita se skorsing “persoonlik” is. Steyn sê sy sal verdere vrae in dié verband in die Parlement aan Joemat-Pettersson stel. Dié bewerings sal bygevoeg word tot die lys van kwessies waaroor die Openbare Beskermer Joemat-Pettersson ondersoek.
 
Steyn sê hulle sal voortgaan om druk op die minister toe te pas om uit haar posisie te bedank.
 
Me. Palesa Mokomele, die minister se woordvoerder,  sê Zita en die minister het ooreengekom dat hul paaie moet skei. Die herbepaling van Zita se kontrak is deur die Minister van Openbare Diens en Administrasie goedgekeur. Mokomele sê in teenstelling met wat beweer word, is Zita se vergoedingspakket nog nie bepaal nie. Dié bepalings sal deur die Departement van Openbare Dienste en Administrasie bevestig word.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights