Deur ALANI JANEKE
19 Julie 2012

532 keer gelees | 2 kommentaar

Die staat begin Graan SA as bedryfsorganisasie ál meer vir vennootskappe nader en “ons beleef ’n baie mooi gesindheid,” sê mnr. Jannie de Villiers.


Die afgelope ses weke het verskeie staatsdepartemente, waaronder amptenare van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, Graan SA genader vir vennootskappe.

Mnr. Jannie de Viliers, hoof uitvoerende beampte, sê die meeste van dié vennootskappe fokus op die ontwikkeling van klein swartboere.
 
“Dit wil voorkom of hulle ons sien as ’n vennoot wat kan lewer, veral met sowat 4 000 swart boere as lede van Graan SA,” vertel De Villiers. Hy sê hulle is opgewonde oor die vennootskappe wat tans op die tafel is, en sê hulle wag met opgewondenheid om te sien wat die volgende ses maande inhou.
 
‘Mooi gesindheid’
De Villiers sê: “Ons beleef ’n baie mooi gesindheid van die staat se kant af, en hulle kom met geld op die tafel. Ek dink hul hande was nog altyd oop, hulle het dalk net nie altyd die regte afsetpunte gekry nie.”
 
Intussen is die organisasie baie tevrede met die vordering wat hulle sien by kleinboere wat die organisasie se opleiding voltooi het. De Villiers sê verskeie boere van regoor die land het hulle die afgelope week in Pretoria besoek om van hul vordering en sukses te vertel.
 
“ ’n Vrou van die Oos-Kaap, wat met ’n os ploeg, sê sy is baie opgewonde dat sy nou genoeg produseer om aan ander te kan verkoop,” vertel De Villiers.

Die vrou, wat aanvanklik op 3 ha mielies geplant het, het gewoonlik ’n oes van sowat ’n half ton per ha gehad. Ná sy die kursus gevolg het – wat haar oor bestepraktyk-boerderymetodes ingelig het – beplant sy nou sowat 4 ha, wat sowat 5 ton per ha lewer.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Saaiboer

2012/07/19 09:45:17 AM

Mnr. de Viliers, ek merk op dat opkomende boere en die staat nou julle volle aandag geniet, sê my, is daar nog tyd vir die kommersiële boer? Indien die staat jou nie kan misbruik nie, gaan hulle nie baie tyd vir jou hê nie. Nog 'n groot guns wat ek u wil vra, u het so rukkie terug gerapporteer van manne in Hoopstad wat 12ton/ha stroop, kan u asseblief vir ons deurgee hoeveel plase het toe oor die 12 ton klaargemaak? Ek bedoel, om op 'n kolletjie 12 ton te stroop is niks snaaks nie, maar om op klomp hektare dit af te haal is goed. Ons wil graag hoor van die spoggerige Hoopstad boere.


janet coetzee

2013/02/05 05:00:03 PM

is daar dalk enige poste beskikbaar vir persone wat belangstel in bystand van opkomende boere

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights