Deur ISABEL STOLTZ
25 Januarie 2012

1039 keer gelees | 2 kommentaar

‘n Aansienlike hoeveelheid kommentaar is op die groenskrif oor grondhervorming ontvang en sal in Februarie deur belanghebbendes deurgetrap word.


‘n Aansienlike hoeveelheid kommentaar is op die groenskrif oor grondhervorming ontvang en sal in Februarie op ’n nasionale byeenkoms van belanghebbendes deurgetrap word.

Daar blyk algemene instemming te wees in kommentaar oor die vier-vlakstelsel van grondbesit en die instansies wat voorgestel is om dit te beheer (soos voorgestel in die groenskrif oor grondhervorming), sê die Department van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming.

Volgens mnr. Eddie Mohoebi, hoofdirekteur van kommunikasie, is ’n span besig om die kommentaar saam te vat om die belangrikste kwessies uit te lig wanneer dit aan die Kabinet voorgelê word.

Hy sê daar is algemene instemming met die beginsels en aanbevelings ten opsigte van grondbesit en die drie instansies wat die stelsel sal ondersteun.

Doel misgekyk
Mohoebi sê ’n saak wat heelwat aandag gekry het, is die feit dat die groenskrif “ ’n dun, 14-bladdokument” is.

“Dit is jammer dat mense die doel misgekyk het. Die dokument is ’n raamwerk wat belanghebbendes die geleentheid wou gun om die wet wat daaruit voortspruit, te help vorm om dit hul eie te maak. Daarmee is die proses inklusiewer as wat dit sou wees as die departement ’n omvattende groenskrif voorgelê het,” sê hy.

AfriForum sê die Regering het nie die morele reg om die regte van burgers te beperk, te ondergrawe of te vervreem nie. Dié burgerregte-organisasie bevraagteken die grondwetlikheid van die voorgestelde groenskrif. Hy sê hy sal “alle moontlike kanale benut om die aanvaarding daarvan teen te staan”.

25 Februarie 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/01/25 02:11:10 PM

Ongelukkig is die boere net 'n handjie vol... Die handjie vol moet kos produseer vir 'n land wat aanteel soos konyne en steeds nie genoeg kan produseer nie omdat daar te veel monde is wat gevoed moet word. Hoekom moet daar vanaf die Ooste en elders af ingevoer word? Die probleem le nie by die boer nie! Vat die boer weg, en baie min gaan enigsins nog ietsie op die tafel he. Bestaansboere produseer net genoeg vir hulself. 1 miljoen bestaansboere kan onder geen omstandighede vir 50 miljoen sorg nie. Vat die boer weg en hoeveel duisendes gaan sonder 'n inkomste sit? As die boer weggevat word, gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie vou. Geen kos. Baie meer werkloses. Wie gaan dan die skuld dra? Weer die boer? Is aardverwarming OOK die boer se skuld? Ongelukkig is die wat in leierskaps posisies sit, geld gurig en hulle volgelinge wat dieselfde weelde wil he, besef nie dat hulle dit nie gaan kry nie. Was nou die dag herhinner aan 'n ou artikel van hoe daar oor 'n paar jaar nie meer genoeg diere gaan wees om vleis te gee nie... Wonder hoekom? Nie net word die populasie so groot nie, te min mense bring hulle deel om iets te produseer. Almal wil he, maar hoeveel is bereid om werklik iets te doen (iets wat nie ongrondwetlik is nie). Ongelukkig dink baie mense die Grondwet is 'n 'brand' van toiletpapier. Wette word gemaak om die geldguriges en mags beheptes verder te ondersteun en die menigtes is verdeel tussen die wat die nuwe wette ondersteun sonder om impak te verstaan en 'n kleiner groep wat dit teenstaan. Alles draai om geld en mag. Maar wat gaan gebeur wanneer daar selfs vir die rykstes nie meer kos is nie? Gaan daar na China gedraai word vir hulp? China wat self 'n bevolking het wat 'n derde van wereld bevolking beslaan. Geen boer = geen kos = geen werk = hongersnood = geweldadige opstande = rykes en magtiges word ontroon... Het nou die dag ook gelees van hoe Animal Farm van toepassing is...


Onbekende besoeker

2012/01/25 01:13:04 PM

Boerdery is 'n besigheid, nes enige ander besigheid in hierdie land. Myns insiens word daar met hierdie belaglike wetgewing gediskrimineer teen die boer en boerdery as 'n besigheid en is dit niks anders as eensydige rassisme van regeringskant. Watter enige ander besighede in hierdie land word deur sulke tipe wetgewing aan bande gelê? Wat is die ware kleure van die regering deur sulke wetgewing af te dwing en besighede te manipuleer? Die boer word nie net aan bande gelê nie, maar word ingeperk. Landbou is een van ons belangrikste besighede in die land en geniet die minste ondersteuning van regeringskant of wêreldwyd. Dis die boer wat sorg vir al die voedsel op ons tafels, markte, rakke asook uitvoer. Dit raak die hele ekonomie van die land. Die regering bloei die boer stadig dood.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights