Deur ALANI JANEKE
31 Mei 2012

994 keer gelees | 5 kommentaar

Die groenskrif oor grondhervorming se karakterisering van wit boere as kolonialiste kom naby aan haatspraak, sê die uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting.


Die groenskrif oor grondhervorming se karakterisering van wit boere as kolonialiste kom naby aan haatspraak, sê mnr. Dave Steward, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting. “Dit is moeilik om die groenskrif as enigiets anders te beskou as ’n dokument van rassemobilisasie teen wit boere.”

Steward het ’n konferensie oor grondhervorming deur die Ad Hoc-komitee vir eiendomsreg toegespreek oor sý bekommernisse oor die dokument. Hy sê die dokument se standpunt dat grond wat verloor is deur geweld of misleiding, teruggegee moet word aan die binnelandse kultuur wat sentraal staan, skend die fundamentele waardes van die Grondwet.

“Dit is uiters onaanvaarbaar om te sê dat een kulturele groep meer sentraal is as ’n ander.”

Steward sê hulle is ook bekommerd oor die voorgestelde Generaal vir Waardasie wat in die groenskrif vervat is, en die feit dat die staat beoog om dié dokument op dieselfde tyd as die Grondsekuriteitswetsontwerp van 2010 te implementeer.

Voedselsekerheid
Steward sê die staat moet nie net die herstel van eienaarskap van grond in sy besluite in ag neem nie, maar ook kommersiële boerdery, voedselsekerheid, plaaslike en internasionale beleggings en rasverhoudings.

Ná raming het sowat 90% van alle plase wat tot dusver aan swart grondeienaars gegee is, reeds misluk. Steward sê dít het niks te doen met die ras wat daarby betrokke is nie. Dít weerspieël bloot die feit dat behoorlike kapitaal en baie ondervinding nodig is om ’n boerdery te laat slaag.

“Dit sal die hoogste vlak van lawwigheid wees om ’n grondhervormingbeleid in te stel wat die vermoë van ons plase om ons mense te voed, sal vernietig,” aldus Steward.

Mandela
Steward het sy toespraak afgesluit deur uit te wys hoe die bepalinge van die groenskrif oud-Pres. Nelson Mandela se stellings en beloftes teëwerk. In sy toespraak by die aanvaarding van die Grondwet in 1996 het Mandela gesê:

“Ons belofte is: Nooit en nooit weer sal die wette van ons land ons mense verdeel en onderdrukking en verdrukking wettig maak nie. Saam sal ons stap, hand-aan-hand, na ’n beter toekoms.” Steward sê die groenskrif is regstreeks in teenstelling met dié belofte.

31 Mei 2012

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Saaiboer

2012/05/31 08:10:16 PM

So, Mandela het gelieg. Hulle mobiliseer nog heeltyd teen die boere, stemme is vir die regering van die dag belangriker as kos.


Butch van Blerk

2012/06/01 08:36:52 AM

Mnr Steward asseblief - in die belang boere asook in die belang van dit waaraan u glo - kry u bondgenote -Afriforum TLU, Agrisa? en almal van belang bymekaar en kla hulle aan vir haatspraak - Ons kan dit as 'n feit aanvaar dat howe en tribunale moeg raak van die regring se slinkse optredes


net iemand

2012/06/01 10:20:14 AM

Die ANC het die Grondwet van die begin af geignoreer. Hulle het byvoorbeeld alle grondeienaars se mineraalregte sommer gevat en op baie mense se grond begin myn sonder toestemming, vergoeding of inagneming van die omgewingsimpak. Hulle besoedel ons water tot so n mate dat mense dit nie kan drink nie en boere dit nie eers vir besproeiing kan gebruik nie. Nou wil hulle boere se water verbruik beperk (en seker dit aan hulle verkoop) maar wil waterbesoedeling al hoe groter maak as dit onmiddelike geld in hulle sakke bring om nuwe mynregte te gee. Hulle 'regstellende aksie' oor die afgelope 18 jaar is net rassisme teenoor wit mense en dus ook teen die Grondwet.. Baie gekwalifiseerde wittes werk oorsee want hulle mag nie hier werk nie. n Regering wat nie rassisties was nie sou 'onbevoordeelde mense' gehelp het deur hulle op te lei en werk vir hulle te skep. Die ANC het net hulle eie vriende verryk, werk geleenthede vir arm swartes verminder omdat wittes wat klein besighede gehad het, weggedryf is, en hulle skole, waarvoor hulle duur betaal, het nie eers boeke nie. Hulle hou mense gevangene vir jare sonder verhoor. Nou wil hulle die Grondwet amptelik verander sodat hulle openlik teenoor enige iemand waarvan hulle nie hou nie, kan diskrimineer . Hulle wil regte wegvat soos eiendomsreg, vryheid van spraak en seksuele voorkeur. Miskien sal hulle dan ook die reg van vel kleur ook wegvat! As jy wit is, is dit n kriminele oortreding! (Ander africa lande het dit gedoen met seksuele voorkeur.)


Louis Meintjes

2012/06/01 04:13:47 PM

Een regstelling. Die konferensie is nie deur Afriforum gereel nie maar deur die Ad Hoc Komitee Die dagbestuur bestan uit TLU SA, Afriforum Afrikaner Bond FW de Klerk Stigting Solidariteit VF+ en DA


pieter

2012/06/03 10:19:31 AM

Ek het geen twyfel in my gemoed dat grondbesit in suid afrika baie vinnig sy einde nader nie.Ek het my plaas klaar verruil vir n besigheid.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights