Deur ISABEL STOLTZ
29 Junie 2012

873 keer gelees | 1 kommentaar

Die groenskrif oor grondhervoming is nie nét sleg nie, maar kundigheid is nodig om ‘n sukses van dié proses te maak, reken verskeie akademici.


Handel die bestaande grondeise af en begin met ’n stelsel van huurpag vir mense wat wil boer, maar nie grond kan koop nie, het emeritusprofessor Louis Changuion op die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se simposium oor grond in Pretoria gesê.

“As die rassekwessie uit grond gehaal word, is die groenskrif oor grondbesit nie nét sleg nie. Daar is suksesvolle swart én wit boere wat nie grond besit of kan koop nie, maar wíl boer. Vir hulle kan die huurpagstelsel wat die groenskrif voorstel, die antwoord wees.”

Volgens Changuion het ’n soortgelyke stelsel in die 18de eeu boere in staat gestel om in ’n vryemarkomgewing leningsplase in eiendomsplase te ontwikkel. Om te bepaal hoeveel grond beskikbaar is, is dit dringend noodsaaklik dat die grondoudit afgehandel word en ’n opname gemaak word van die persentasie onbenutte grond in private besit, asook dié in myne, sendinggenootskappe en maatskappye se besit.

Dié grondeienaars moet bereid wees om sulke grond af te staan, wat reeds in talle gevalle gebeur het, sê hy.

Standpunt oor grondhervorming
Die akademie het op die simposium ’n standpunt van betrokkenheid by die grondhervormingsproses ingeneem. Voorleggings op die simposium het bevestig dat die eisproses vir restitusie mank is.

Dr. Anton van Vollenhoven
, erfeniskonsultant wat die afgelope agt jaar by grondeise betrokke is, het gesê by grondeise is kundigheid in ’n vroeë stadium nodig om koste te spaar. In ’n eis van ’n enkele stam ten opsigte van 32 plase in Limpopo en Noordwes het die hof bevind hul eis ten opsigte van vier van die plase is geldig en moontlik geldig op ’n verdere vier.

Dit was ongeldig op 18 plase en moontlik ongeldig ten opsigte van ses. Die eisers het hul eis op die 18 plase teruggetrek, maar die ondersoek het derduisende rande beloop. Volgens prof. Elize van Eeden van die Noordwes-Universiteit se skool vir basiese wetenskappe word die geskiedenis tans geïgnoreer in die hantering van grondeise en word grond en geld toegeken omdat eisers ongeduldig raak.

Dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, het gesê die huidige boeregenerasie “is net ’n ploeg-en-plant-generasie”. Hy meen die volgende generasie sal met die oplossings kom.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


mkruger

2012/06/29 11:03:20 AM

Hoekom die huidige eise afhandel. As ek nie verkeerd is nie, is almal wat van grond afgesit is ander grond gegee om op te bly. MAW hulle is vergoed. So die hele eise storie gaan meer oor die emosies van mense. Stop die hele proses en koop die plase waarop tans eise is vir die regering. Maak die regering eerste koper by alle grond transaksies en as die regering dit nie wil koop nie kan dit dan in die ope mark verkoop word. Op die manier kan die regering oor tyd meer en meer grond koop om as huurpag grond beskikbaar te stel. Voordeel is: Mense wat wil boer sal dit kan doen omdat die grond dan nie in die toekoms as 'n belegging gesien gaan word nie maar dit wat daarop bedryf word. Verder sal grond in besit van die regering 'n nasionale bate word. En aan die einde van die dag is ek 'n burger van die land omdat ek grond hier besit nie omdate ek hier asem haal en werk nie. As dit die geval was sou al die onwettige besoekers wat hier werk op burgerskap kon aanspraak maak.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights