Deur SUSAN BOTES
19 Junie 2012

997 keer gelees | 1 kommentaar

Groente in Suid-Afrika neig al hoe meer na die peperduur pryse van groente op oorsese markte.


Pryse op die plaaslike groentemark begin al hoe meer soos ‘n spiëelbeeld van peperduur oorsese markte lyk, aldus die Staat se onlangse landbou-handelsverslag.

Dié verslag word gesamentlik deur die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) en Departement van Landbou, Bosbou en Vissery se Direktoraat vir Internasionale Handel uitgereik.

Sedert 2002 het plaaslike groentepryse stelselmatig gestyg om die inkomste tussen uitvoer- en plaaslike groentepryse al hoe meer te vernou. Dít kan ‘n aanduiding wees dat die plaaslike markpryse sterker geraak het, wat ‘n groot aantrekkingskrag vir groenteboere kan wees.

Groenteproduksie het veral as gevolg van ‘n groeiende plaaslike vraag oor die afgelope agt jaar uitgebrei. Dié groeiende vraag word aan ‘n groeiende middelklas verbruikers toegeskryf. Verbeterde verwerking- en bergingsaanlegte het ook produksie aangemoedig.

Gaping in pryse raak wyer
Die gaping tussen die internasionale en plaaslike prys vir vrugte raak egter wyer. In 2005 was uitgevoerde vrugte R448 duurder per ton, in 2008 het dié gaping tot R1 633 per ton gestyg en in 2010 was plaaslike vrugte R2 526 per ton goedkoper as uitgevoerde vrugte. Die resessie, wat tot ‘n verstewiging van die rand teenoor geldeenhede in Westerse lande gelei het, word as die grootste rede vir dié groeiende gaping gesien.

Suid-Afrika se vrugteproduksie neem steeds toe. Van 1996 tot 2009 het produksie van 3,6 miljoen ton tot 5,5 miljoen ton gestyg. ‘n Groeiende vraag en verbeterde produksiepraktyke is van die grootste redes vir dié styging.

Die nywerheidsbeleid-aksieplan beskou groente en vrugte as die belangrikste kommoditeite, omdat beide hoë inkomste subsektore is, wat baie werk kan skep. Dié bedrywe lewer ook ‘n stewige bydrae met betrekking tot die land se landbou-uitvoer.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Hardus

2012/06/19 06:41:50 PM

Als goed en wel maar vir wie? Die boere sien nie die styging in winste nie terwyl produksiekostes toeneem en supermarkte sit belaglike maakkappe by!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights