Deur ALANI JANEKE
26 Julie 2012

582 keer gelees | 2 kommentaar

Een van die suksesstories van grondhervorming is dat 30% van die vergoeding vir eise goed bestee is, aldus ’n verslag.


In sowat 30% van die gevalle waar die staat geldelike vergoeding vir grondeise aan gemeenskappe betaal is, is dit so bestee dat dit tot ’n “aansienlike ekonomiese voordeel” gelei het.

Dít is een van die bevindinge van ’n verslag wat deur prof. Bernadette Atuahene van die Universiteit van Princeton in New Jersey, Amerika, saamgestel is – Paying for the Past: Addressing Past Property.

 Dié bevinding is in teenstelling met bevindinge van die Kommissie vir die Restitusie van Grondregte, lui ’n berig op Fin24.com.

 “Die meerderheid van die mense het hul vergoeding bestee om die huise waarin hulle tans tuisgaan, te verbeter, en dit verhoog dus die waarde van hul primêre bates,” sê Atuahene.

Ander gevalle
Atuahene het bevind dat die geld in 32% van gevalle ’n gemiddelde ekonomiese impak gehad het, terwyl dit in 38% van gevalle ’n klein ekonomiese impak gehad het. Verder sê sy ten spyte van die sukses kom dit voor asof beamptes negatief is oor hul eie werk.

Die oorgrote meerderheid beamptes glo dat die geld gemors word en dat die gemeenskap steeds in armoede leef: ‘‘Finansiële vergoeding het nie ’n uitwerking nie. Ons sal bystaan gee deur ’n uitbetaling in die oggend te doen, en in die aand is almal in die drankwinkel. Hulle weet nie wat om met die geld te doen nie.”

Die staat is versoek om op grond van Atuahene se verslag sy nuwe fokus op grondoordrag te verander. Dié fokus is ’n gevolg van die aanname dat die vergoeding vermors word. Atuahene raai die staat wel aan om maniere te vind om die gebruik van die vergoeding doeltreffender te maak.

Bron: Fin24.com
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


onbekend

2012/07/26 08:20:42 AM

Hierdie is weereens 'n persoon wat Inetrnasionale fondse bekom het vir navorsing in Suid Afrika wat glad nie die land se kuluur en onderstrominge verstaan nie. Die vraag is wat help dit jy verbeter jou huis maar jy het nie eiendomsreg nie? NIKS, want jy kan nie die huis as sekuriteit gebruik om jou lenings te bekom om vooruit te gaan nie.


Saaiboer

2012/07/26 09:31:09 PM

30% is 'n suksesstorie, in meeste gevalle is dit 'n totale pluk! Ek dink 'n suksesstorie begin by om en by 70%. Dit klink vir my na 'n totale gemors, maar nou ja, vir die regering van die dag is dit seker goed genoeg.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights