Deur ISABEL STOLTZ
15 Februarie 2011

2076 keer gelees | 4 kommentaar

Nadat die staat etlike miljoene rande vermors het op een van die duurste grondeise in die geskiedenis van restitusie, kan grondeienaars in meer as 11 jaar ontspan.


Nadat die staat etlike miljoene rande vermors het op een van die duurste en, na bewering, ongeldige grondeise in die geskiedenis van restitusie, kan grondeienaars vir die eerste keer in meer as 11 jaar ontspan.

’n Hofstryd van langer as vier jaar wat grondeienaars in Mpumalanga miljoene rande gekos het, is nou bygelê. Altesame 42 Onderbergse boere kan nou weer planne vir die toekoms beraam nadat die eisers afstand gedoen het van die eise op hul grond.

Wat later as die Tenbosch-eis bekend geraak het, is in 1999 gepubliseer. Grondeienaars het dit teengestaan en dit het ses jaar later met ’n groot gesukkel in die Grondeisehof beland.

Saam met die boere het instansies, soos Malelane Sitrus Koöperasie en Ngwenya Lodge, in die Onderberg-gebied in Mpumalanga geveg vir die behoud van hul grond. Volgens die eienaars het die eisers die grond onregmatig vir restitusie geëis.

Die saak het onaanvaarbaar uitgerek met eisers en nuwe eisers wat mekaar op  belastingbetalerskoste toegetakel het vir die grond, terwyl die grondeienaars op eie koste by hul mededinging betrek is.

Die saak het verlede week tot ’n einde gekom met ’n ooreenkoms tussen die grondeienaars en die eisers. Mnr. Bertus van der Merwe het die saak sedert 2003 namens die grondeienaars behartig. Die saak is in 2006 na die Grondeisehof verwys.

Van der Merwe sê dié ooreenkoms sal hopelik binnekort ’n finale bevel van die hof gemaak word. Die eisers het egter aangedui dat hulle steeds in ’n stryd met die kommissie gewikkel is om vergoeding in die plek van die grond wat geëis is.

15 Februarie 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2011/02/17 02:58:09 PM

uiteindelik die lig aan die einde van die donker tonnel.Wat n stryd maar dit was die moeite werd!!


Rudi G

2011/02/16 08:03:06 PM

Ek hoop hulle dagvaar die staat vir al die regskostes, trauma en inkomste verlies. Dit sal dalk 'n groter afskrikmiddel wees vir al die ander hangende ongeldige grondeise. Daar is baie van ons wat nie die geld het om so 'n duur proses deur te gaan nie.


Onbekende besoeker

2011/02/16 02:05:45 PM

Goeie werk. Dit is 'n oorwinning vir alle landbou produsente wat geraak word deur grond eise. Dit wys dat produsente nog kan baklei vir hul gornd en as oorwinnaar uit die stryd tree.


Louis Petrus Fourie

2011/02/15 09:56:35 PM

Hierdie vasberadenheid om reg en geregtigheid te laat geskied verdien n pluimpie. My vraag is net, soos die engelsman sou sê, "why o why". Ek verstaan ook nie die regverdigheid agter n staatsgesubsidieerde eis teenoor n party wat te na gekom word nie. Welgedaan

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights