“Ons het ’n hoop geld gemors omdat ons ’n teiken van 24,5 miljoen ha gejaag het, wat eintlik nie ’n buitensporige teiken is nie.”
Dít is een van die stellings wat mnr.
Gugile Nkwinti, Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, op die jaarvergadering van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging (Sasa) in Durban gemaak het.
Nkwinti het die najaag van die teiken dat 30% van landbougrond teen 2014 in swart besit moet wees luidens ’n
berig op
Fin24.com as ’n obsessie beskryf. Met Nkwinti se oorname van die departement in 2009 is tweede derdes van die departement se begroting aan die herverdeling van grond bestee.
HerkapitaliseringSowat 25% van die departement se begroting word tans aan die herkapitalisering van 416 plase bestee. Dié plase is weens grondeise oorgedra.
“Die landbou gaan oor die sakewêreld. Die Regering kan nie oorleef as hy op die saketerrein inbeweeg nie. Ons verskaf die infrastruktuur en laat die ander kwessies aan die boere oor,” aldus Nkwinti.
Mnr. Bongani Linda, voorsitter van Sasa, sê sowat 21% van die grond wat deel vorm van die suikerbedryf, behoort aan swart eienaars, terwyl 7% van die res van die landbougrond deur swart mense besit word.
Bron:
Fin24.com