Deur JAN BEZUIDENHOUT
23 Oktober 2012

838 keer gelees | 3 kommentaar

’n Kraakvars vraag- en antwoorddiens oor grondkunde is op Landbou.com beskikbaar. Dit heet Grond Guru.


Boere kan vrae oor grondkunde voortaan aan 'n paneel kenners indien en die antwoorde op Landbou.com lees.

Die voorstel om só n afdeling op die webwerf te skep, kom van dr. Eduard Hoffman, hoof van die departement grondkunde aan die Universiteit van Stellenbsoch.

Hoffman was beïndruk met die Vra vir Faffa-reeks op Landbou.com en het Chris Burgess, hoofredakteur: landboutitels in die LBW-stal daaroor genader. Die besluit is geneem om met die projek te begin en die maatskappy Farmsecure is as borg vir die nuwe afdeling, Grond Guru, betrek.

Farmsecure is 'n jong maatskappy en bied 'n unieke eenstop-landboudiens aan, soos uit sy leuse blyk: “Van plaas tot op die rak”.  Dié maatskappy is in 2004 gestig en ervaar ongekende groei. Tans is meer as 4 700 mense in diens.

Boere en belangstellendes kan hul vrae oor grondkunde op die webwerf stel en kan binne 'n redelik tyd 'n antwoord op die webwerf verwag. Hoffman en grondkundiges by die Universiteit Stellenbosch sal van die vrae beantwoord.  'n Span grondkundiges van Farmsecure sal ook'‘n belangrike bydrae lewer om vrae te beantwoord.

Kyk hieronder na 'n video oor die Grond Guru.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/10/15 10:43:05 AM

Dit is 'n baie opwindende gedagte en die diens gaan vir seker baie gebruik word - baie dankie


Rossouw

2012/10/15 04:02:36 PM

Goeie dag, ek het nou al baie goeie dinge gehoor van boom lusern en hoe goed dit is, ek wil graag weet wat is die nadele van die boom?


Eduard Hoffman

2012/10/16 12:30:52 PM

Die gewas, struik, groei baie stadig. Dit is blykbaar moeilik om te vestig.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights