Deur AMELIA GENIS
4 September 2012

1091 keer gelees | 3 kommentaar

Suid-Afrika kan nie langer bekostig dat goeie landbougrond onbenut lê nie, reken mnr. Trevor Manuel.


Suid-Afrika kan nie langer bekostig dat goeie landbougrond onbenut lê nie, het mnr. Trevor Manuel, Minister in die Presidensie verantwoordelik vir die Nasionale Beplanningskommissie, gesê op ’n konferensie oor strategieë om armoede en ongelykheid te oorkom.

“Ons is daarop gefokus om grond te benut op ’n manier wat tot die ekonomie bydra, en nie net om dit sonder ondersteuning oor te dra nie. Die nasionale ontwikkelingsplan het ten doel om aan landelike gemeenskappe geleenthede te gee om aan die ekonomie deel te neem. Die hele hoofstuk oor grond en landbou is ’n aanval op armoede.”

Die plan sonder groot besproeiingslandbouprojekte uit as ’n gebied met vele geleenthede. “Ons kan nie meer net op klein plotjies boer nie. Die landbousektor wat ons ontwikkel, moet by markte kan inskakel sodat supermarkte nie meer tamaties hoef in te voer nie.”

Opvoeding, gesondheidsorg en vervoer
Manuel het verder gesê hulle besef ook dit kan net werk as daar voldoende opvoeding, gesondheidsorg en vervoer is.

Hoewel die plan nie met die Regering se mikpunt om 30% van die landbougrond te herverdeel, of die doelwitte van die groenskrif oor grondhervorming gaan inmeng nie, is dit daartoe verbind om mikpunte vir die oordrag van grond “in pas te bring met fiskale en ekonomiese werklikhede” en om aan die georganiseerde landbou geleenthede te bied om aan hervorming deel te neem.

Die model wat in die plan voorgestel word, wil grond- en landbouhervorming versnel sonder die “hebsug en markverwringing” wat tot dusver die proses gerem het.

Manuel sê die Nasionale Beplanningskommissie is nie ’n implementeringsliggaam nie, en hulle gee toe dat daar nie duidelike antwoorde is nie. “Ons moet bereid wees om deur eksperimentering te leer en te ontdek soos ons aangaan.”

Die konferensie word deur die Universiteit Kaapstad en die Nasionale Beplanningskommissie aangebied, en word beskou as ’n voorloper tot ’n derde Carnegie-ondersoek in Suid-Afrika. Armoede in Suid-Afrika is tydens twee vorige Carnegie-ondersoeke in 1929 tot 1932 en 1982 tot 1984 ondersoek, en het in elke geval tot verreikende beleidsmaatreëls gelei.
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Gerhard

2012/09/04 02:35:25 PM

Mnr Manual, se dit vir die ANC...


JWW

2012/09/04 08:17:59 PM

Kom ons begin by die Ciskei en Transkei


Jacques

2012/09/07 12:30:42 PM

Jacques kyk na die artikel op Lanbouweekblad se webblad! Dolf

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights