Deur JOYLENE VAN WYK
25 Augustus 2011

2008 keer gelees | 0 kommentaar

Die goedgekeurde groenskrif oor grondhervorming bevat glo geen grondplafonne op die grondslag van ras nie.


Die goedgekeurde groenskrif oor grondhervorming bevat geen grondplafonne op die grondslag van ras nie.

Só sê mnr. Sunday Ogunronbi van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming. Ogunronbi het vrae oor die dokument beantwoord in die tweeweeklikse inligtingsessie oor kabinetsbesluite.

Verskeie opsies
Hy het aangedui dat voorstelle oor grondplafonne steeds bestaan. Daar is verskeie opsies, maar geen oorkoepelende beperkings of spesifikasies oor hoeveel grond besit mag word nie. Die dokument bevat ook heelwat inligting oor buitelandse eienaarskap van grond.

“Die bedoeling is om on ’n volkome beleidsposisie hieroor te ontwikkel. Die Kabinet sal binne ’n paar maande ’n nuwe wet daaroor voorstel.”

Ogunronbi het benadruk dat die idee nie is dat buitelanders nie toegang tot Suid-Afrikaanse grond mag hê nie. Dit moet egter met voorwaardes gepaard gaan, soos in ander lande.

Groenskrif baie dieselfde
Intussen het mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, aan Landbou.com gesê dat die weergawe wat die Kabinet goedgekeur het, nie veel verskil van die dokument wat verlede jaar uitgelek het nie.

In die uitgelekte dokument se voorstelle oor eiendomsbesit met beperkings op private grond, word aangedui dat Suid-Afrikaners vrye erfpag op grond moet hê, en die verkoop van grond aan buitelanders sekere beperkings moet hê.

Regulerende beperkings moet geplaas word op eiendomme wat deur Suid-Afrikaners besit word ten opsigte van sensitiewe en nasionale grond, soos gemeenskaplike grond, kus-, erfenis-, landelike, landbou-, omgewingsensitiewe en veiligheidsensitiewe grond asook grond langs grensgebiede.

Om die gelyke herverdeling van grond te verseker, word grondplafonne, voorkoopreg en die reg van eerste weiering voorgestel, wat aan Suid-Afrikaanse en buitelandse grondeienaars opgelê kan word.

Voorwaardes
Die uitgangspunt is dat dit vir buitelandse burgers ’n voorreg is om Suid-Afrikaanse grond te besit en daarom moet voorwaardes vir die besit daarvan ingestel word.

Buitelanders sal voortaan spesiale toestemming en goedkeuring moet kry om sensitiewe grond en grond met ’n belang in die nasionale veiligheid te bekom. Hulle sal ook slegs grond kan huur.

Nkwinti het aan Landbou.com uitgewys dat ’n viervlakstelsel van grondbesit voorgestel word, wat op die volgende elemente gegrond is.
* Staatsgrond moet slegs in huurbesit wees.
* ’n Beperking op die besit van private grond.
* Buitelandse eienaarskap van grond moet verbind wees aan produktiwiteit en vennootskappe met Suid-Afrikaners.
* Kommunale grondbesit moet met sekere institusionele gebruiksregte gepaardgaan.

Die groenskrif sal waarskynlik teen volgende week in die Staatskoerant gepubliseer word. Kliek op die PDF hierby aangeheg om die besprekingsdokument oor die groenskrif te lees. Laai ook die voorlegging wat aan die Kabinet oor grondhervorming gedoen is, af of kliek hier.

25 Augustus 2011


Aanhangsels:
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights