14 September 2012

847 keer gelees | 0 kommentaar

Die Departement van Grondhervorming het R650 miljoen onderbestee, is deur die Nasionale Tesourie bevind.


Die ministers van vier van die land se sleuteldepartemente moet voor die staande komitee vir toekenning verskyn nadat in ’n verslag bevind is dat groot onderbesteding binne die departemente plaasgevind het.

Die Demokratiese Alliansie (DA) sê hy sal daarvoor vra na aanleiding van ’n verslag deur die Nasionale Tesourie. Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het volgens die verslag R656,1 miljoen, of 29,2% van die departement se begroting, onderbestee.
 
Die party sê dié onderbesteding is ’n skande, veral as in ag geneem word dat in ’n vroeëre verslag bevind is dat baie van dié toelaes, wat pleks van grond aan gemeenskappe gegee is, voordelig aangewend is.

Die verslag van die Amerikaanse Raad vir Buitelandse Verhoudinge het bevind dat sowat 30% van die begunstigdes in Suid-Afrika wat geld ontvang het, dit gebruik het om hul huise te verbeter en dus die waarde van ’n primêre bate verhoog het.
 
Waterwese
Nog ’n departement wat die landbou raak, die Departement van Waterwese, het R786,1 miljoen of 37,8% van sy begroting onderbestee. Die DA sê in die lig daarvan dat R670 miljoen nodig is vir die ontwikkeling van nuwe infrastruktuur vir water om ’n moontlike waterkrisis af te weer, pootjie die kwessie ook die staat se nasionale waterbronstrategie.
 
Die ander twee departemente wat onderbestee het, is die departemente van Openbare Werke en Basiese Opvoeding. Die Departement van Openbare Werke se onderbesteding was R229 miljoen of 9,5% en dié van die Departement van Basiese Opvoeding was R520,7 miljoen of 11,2%.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights