Deur GLENNEIS KRIEL
23 April 2012

703 keer gelees | 2 kommentaar

Die beginsel van ’n gewillige verkoper en ’n gewillige koper wat so geredelik die skuld kry vir die Regering se swak vordering met grondhervorming, is glad nie ’n grondwetlike beginsel nie.


Die beginsel van ’n gewillige verkoper en ’n gewillige koper wat so geredelik die skuld kry vir die Regering se swak vordering met grondhervorming, is glad nie ’n grondwetlike beginsel nie.

So sê prof. Dirk Kotzé, politieke ontleder van die Universiteit van Suid Afrika, gesê op Nedbank se besigheidsontbyt by die Agri Kaap Week op Bien Donné by Franschhoek.  Hy het gesê die verwarring is op ’n wanvertolking van Artikel 25 van die Grondwet gegrond.

Volgens Artikel 25 moet ’n bilikke prys betaal word vir grond wat onteien word. Hy verstaan dus nie hoekom sekere rolspelers so daarop hamer dat die Grondwet verander moet word om ontslae te raak van dié beginsel nie.

Me. Annelize Crosby van Agri SA het dit beaam: “Die beginsel van ’n gewillige verkoper en ’n gewillige koper is ’n term wat in die volksmond ontstaan het. Dit word deur verskeie partye gebruik om emosies op te jaag.”

Sy het verduidelik dat wanneer die ANC sê hy wil van ‘‘’n gewillige koper en ’n gewillige verkoper’’ wegbeweeg, hulle eintlik bedoel dat hulle wil wegbeweeg van die vergoeding van markwaarde van ’n eiendom. Dit is egter nie die ‘‘bilikke vergoeding’’ wat die probleem is nie, maar die implimentering daarvan.

“Die staat het aan die begin tot 30% te veel vir eiendom onder restitusie betaal, terwyl hulle 30% minder betaal het vir eiendom onder grondhervorming. Die oorbetaling is waarskynlik as gevolg van swak onderhandelinge en raad van waardeerders, terwyl die onderbetaling toegeskryf kan word aan banke se betrokkenheid by die onderhandelinge.”

Kotzé meen nie dat die Grondwet onder druk is nie, omdat die ANC ’n tweederde-meerderheid sal moet kry as hy dit wil verander. Crosby stem egter nie saam nie: “Die ANC kan steeds opposisielede oorreed om hom te help om ’n tweederde-meerderheid te vorm.”

Sy meen egter al sou die ANC ’n tweederde-meerderheid kry om die wet te verander, sal dit steeds moeilik wees omdat dit volgens Kodesa een van die beginsels is wat grondwetlik ingeskryf is.

“Ons is veronderstel om die beste praktyke volgens internasionale standaarde te volg. Om markwaarde vir onteiende grond te betaal, is ’n internasionale praktyk,” het sy verduidelik.

23 April 2012
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Slimfatfarmer

2012/04/26 11:23:35 AM

Baie dankie vir jou uiters gebalanseerde perspektief prof. Dirk. Dit laat my beslis beter slaap. Ek hoop diegene wat so spoke opjaag oor 'n Zimbabwe-insident wat op SA gaan toesak, kry ook hierdie boodskap.


Onbekende besoeker

2012/04/23 10:23:14 PM

Hoekom is daar so n groot verskil tussen geadverteerde plaaspryse en die werklike pryse waarvoor grond verkoop is soos gerapporteer deur die aktekantoor? Ek het opgemerk dat die pryse waarteen grond werklik verkoop aan die daal is. Kan iemand my dalk n idee gee wat aan die gang is?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights