Deur JOYLENE VAN WYK
10 Februarie 2012

1944 keer gelees | 4 kommentaar

Pres. Jacob Zuma se aankondiging dat die vrywillige koper/verkoper-beginsel in die grondwet aangetas gaan word, is rede vir onsekerheid, sê dr. Pieter Mulder.


Pres. Jacob Zuma se aankondiging dat die vrywillige koper/verkoper-beginsel in die grondwet aangetas gaan word, veroorsaak verdere onsekerheid, het dr. Pieter Mulder, leier van die VF-Plus gesê.

Pres. Zuma het in sy Staatsrede uitgewys dat die pas van grondhervorming te stadig is weens hierdie beginsel. Hy meen daar is 'n algemene instemming dat hierdie opsie nie die beste manier is om die grondkwessie te hanteer nie. Die Regering kon sover slegs 8% van sy 30% teiken vir die verdeling van grond teen 2014 bereik.

"Die Grondwet verlang dat die Staat die herstel van grondregte moet bewaarheid vir diegene wat daarvan ontneem is met die 1913 wet." Om hierdie rede is die Groenskrif vir Grondhervorming opgestel om 'n nuwe beleidsrigting te bied.

Projekte vir infrastruktuur
Zuma het ook verskeie infrastruktuur-projekte aangekondig wat moet poog om onder meer werkskepping in die land 'n hupstoot te gee.

Mulder meen hierdie projekte is 'n goeie manier waarop die Staat kan bydra tot werkskepping, maar hy meen talle nuwe en meer bemagtigingsmaatreëls gaan dit teenwerk. "Vir betrokkenheid en beleggings van die private sektor in dié projekte is sekerheid oor eiendomsreg nodig."

Me. Lindiwe Mazibuko, leier van die DA in die Parlement, het ook die president se uitspraak oor die gewillige koper/verkoper-beginsel verwerp. Sy het uitgewys dat dit 'n roekelose stelling van Zuma is dat die model gefaal het, terwyl die stadige pas juis weens die ondoeltreffendheid van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming is.

Vyf gefokusde programme
Zuma het aangekondig dat vyf geografies gefokusde programme gekies is wat strek van die ontwikkeling van 'n geïntegreerde spoor-, pad- en water-infrastruktuur in Limpopo tot die verbeterde uitvoer van vervaardigde produkte.

Hy het aangekondig dat uitvoerders van vervaardigde goedere later vanjaar goedkoper hawetariewe sal betaal. Boonop sal 'n suidoostelike sleutelpunt geskep word wat industriële en landbou-ontwikkeling asook die uitvoervermoë in die Oos-Kaap sal verbeter. Dit sal logistieke skakeling met die Noord-Kaap en KwaZulu-Natal verbeter. Om landbouproduksie in die voormalige Transkei-gebied, wat deel van die Oos-Kaap is te verbeter, sal 'n dam by die Umzimvubu-rivier gebou word, het Zuma gesê.

* Lees ook Adjunkpresident Kgalema Motlante se siening van die koop-begisnel. 

10 Februarie 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


danie meijers

2012/02/12 07:16:00 AM

Ons boere moet ons almal by een politieke party skaar. Die beste een met heelwat potensiaal is maar die DA.


Saaiboer

2012/02/10 06:21:18 PM

Zuma werf stemme. Agri SA wat sê julle? TLU en Afriforum kan nie al die gevegte alleen beklei nie.


Onbekende besoeker

2012/02/10 12:22:22 PM

Ons woon tans in n omgewing waar daar 5 plase deur die vrywillige verkoper/koper prosedures bekom is en ek se vir julle dit is skrikwekkend om te sien wat gebeur. Daar is net een wat suksesvol is. En die ander 4 is deur finansiele hulpmiddele aangehelp om te boer en raai wat? Dit is nie eens n jaar later nie en nie een van die 4 kan wys waar is die goed heen nie.


mkruger

2012/02/10 08:15:13 AM

Lindiwe vir president..... Sy is bereid om op te staan teen die ANC. Meer as wat mens van Mnr Mulder of enige van die Landbou organisasies kan se. Miskien sal ek ook beter verstaan hoekom die ANC se die gewillige koper/verkoper model het nie gewerk as ek die "feite" het nie. So mnr Mulder/Organisasies kry vir ons dom boertjies die feite OF los dit en laat die ANC toe om die flou verskoning te gebruik om stemme te wen en sy mense aan te moedig tot nog plaasmoorde.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights