Deur ALANI JANEKE
30 September 2010

1455 keer gelees | 3 kommentaar

Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het weereens ‘n gekwalifiseerde ouditverslag vir die 2009/’10-geldjaar ontvang, sê die DA.


Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het weereens ‘n gekwalifiseerde ouditverslag vir die 2009/’10-geldjaar ontvang, sê die Demokratiese Alliansie (DA).

Luidens ‘n verklaring het die ouditeur-generaal (OG) sy ontevredenheid oor verskeie onreëlmatighede binne die departement uitgespreek. Hy het ook spesifieke sake genoem:

-    ‘n Verlies van R53 miljoen weens vermeende korrupte bedrywighede.
-    Uitstaande eise teen die departement van R566 miljoen.
-    Onreëlmatige besteding van R4,177 miljoen.
-    Vrugtelose besteding van R3,2 miljoen.
-    Uitstaande betalings van R420 miljoen aan grondeisers.

Volgens me. Anette Steyn, die DA se woordvoerder vir grondhervorming en landelike ontwikkeling, het die OG ook opgemerk dat grondhervormingsubsidies wanbestuur word aangesien die bestuur en personeel nie hul verantwoordelikhede en take uitvoer nie.

"Departement faal Suid-Afrika"
Die party sê die departement faal Suid-Afrikaners en dat die grondhervormingsproses in die land stilstaan, wat groot onsekerheid veroorsaak.

Steyn sê kommunikasie en funksionaliteit tussen die nasionale en provinsiale departemente het glo verval. Die nasionale departement het ook nie ‘n behoorlike databasis oor hoeveel grond al oorgedra is nie, terwyl dit verskeie hofsake in die gesig staar weens die wanbetaling en sloerdery van transaksies met grondeienaars. ‘n Bedrag van sowat R3 miljard is ook uitstaande wat verband hou met ondersteuning aan grondeisers nadat hulle die grond ontvang het.

“Die departement weier ook om die belangrike Groenskrif, wat pres. Jacob Zuma se administrasie se visie vir grondhervorming moet weergee, vry te stel,” lui die verklaring.

Nkwinti moet antwoord
Steyn gaan ‘n brief aan die portefeuljekomitee vir Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling rig waarin sy gaan vra dat Minister Gugile Nkwinti voor die komitee moet verskyn om al die probleme en kwessies rondom die departement te verduidelik.

Nkwinti het glo al verskeie verskynings voor die portefeuljekomitee oor die wanbestuur binne die departement op kort kennisgewing gekanselleer.

“Die minister moet aan die Parlement, en Suid-Afrikaners, verduidelik hoekom daar ‘n gebrek is om die mees basiese administratiewe probleme binne die departement, verantwoordelik vir een van die mees kritiese sake wat die Suid-Afrikaanse samelewing vandag beïnvloed, aan te spreek,” sê die DA.

30 September 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Freek Prinsloo

2010/10/04 05:05:50 AM

Wanneer sal die geagte minister tot verantwoording gebring word?In die Nkomazi(Onderberg)Mpumalanga is reeds 0ngeveer 30000ha grond oorgedra en verskeie onafgehandelde eise,meer as 10% van hierdie besproeiingsgrond le onbenut,die regering verloor miljoene Rande se belasting inkomste en duisende werksgeleenthede is daarmee heen.Waarom word die gronde nie verhuur aaan boere nie?


Willem vd Merwe

2010/10/01 02:31:57 PM

Vergeet van grondhervorming!Daar is nog geen erkende opname oor hoeveel grond in watter velkleur se hande is nie. Hoe wil die regering hervorm? Seker net vat waar nog iets is in die naam van hervorming.


Molopo girl

2010/10/01 12:23:21 PM

O hel nee, ek gee moed op. Bou nou 'n nasie....

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights