Deur NICO VAN BURCK
25 November 2011

1199 keer gelees | 1 kommentaar

Die lank verwagte omvattende opname oor grondbesit in Suid- Afrika gaan hopelik vroeg volgende jaar begin.


Die lank verwagte omvattende opname oor grondbesit in Suid- Afrika gaan hopelik vroeg volgende jaar begin.

Die opname spruit voort uit ’n besluit drie jaar gelede deur die forum van uitvoerende hoofde in die landbou (oftewel die CEOforum). Mnr. Nico Kruger, voorsitter van die forum se grondouditkomitee, sê die staat het die projek amptelik goedgekeur, die finale beplanning word nou afgehandel en die opname oor die grond sal in die nuwe boekjaar begin.

Die oudit is ’n gesamentlike projek deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming en verskeie organisasies in die private sektor.

Tegnieke getoets
Kruger sê loodsprogramme is suksesvol binne vier afsonderlike munisipale gebiede afgehandel om die tegnieke vir die insameling van inligting sowel as die doeltreffendheid van die databasis te toets.

“Ons weet nou ons proses sal werk. Die enigste oponthoud was die formele goedkeuring van die departement en die beskikbaarstelling van die nodige geld.”

Veldwerkers sal in Maart met die opnames kan begin en die georganiseerde landbou, landbouondernemings en boere sal om inligting genader word.

25 November 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


SA Boer

2011/11/25 08:18:31 PM

Vergeet alle ander grond hervorming todat ons uitsluitsel het oor waar ons is... baie goed en baie dankie!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights