Deur ALANI JANEKE
2 Augustus 2012

762 keer gelees | 0 kommentaar

Die ontbreking van ’n behoorlike oudit oor grondbesit is die “vermiste skakel” om oplossings vir grondhervorming te kry.


Sterker voorstelle is van kommersiële boere oor grondhervorming nodig, want die bedryf is nie volhoubaar as net kommersiële boerdery suksesvol is terwyl die opkomende sektor swaarkry nie.
 
Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, sê die mark alleen gaan nie die grondkwessie in Suid-Afrika oplos nie, want dit is deels deur ’n politieke stelsel geskep.
 
Volgens ’n berig op News24.com het Möller op Vrystaat Landbou se jaarlikse kongres in Bloemfontein gesê: “Ons moet sterker voorstelle van boere se kant af doen oor wat ons plan is om toe te sien dat die hele land suksesvol is. Die grondkwessie moet tot ’n einde kom.”
 
Simbiotiese verhouding
In ’n onderhoud met Landbou.com het hy gesê ’n simbiotiese verhouding is tussen die kommersiële en opkomende bedrywe nodig: “Die tyd om ’n vriendelike hand uit te reik, is verby. Kommersiële en opkomende boere moet op so ’n vlak saamwerk dat formele ooreenkomste oor marktoegang aangegaan word.”
 
Möller meen so ’n verhouding sal byvoorbeeld tussen ’n kommersiële boer en sy opkomende buurman bestaan, waar die kommersiële boer die opkomende boer help om toegang tot formele markte te kry.
 
Grondoudit
Die gebrek aan ’n behoorlike grondoudit word deur Möller as die “vermiste skakel” vir die oplos van probleme rondom die grondkwessie beskryf. “Daarsonder weet ons nie in watter rigting om te beplan nie, want ons weet nie hoeveel grond al oorgedra is nie.”
 
Möller sê ’n voorstel om die idee van die reg tot eerste weiering te volg, is al oorweeg. Dié stelsel word in Namibië gebruik, waar ’n boer wat sy grond wil verkoop, dit eerste aan die staat moet aanbied. As die staat dit van die hand wys, kan die boer dit in die mark verkoop.
 
So ’n stelsel kan tot administratiewe rompslomp lei, en Möller sê hy steun dit nie. “Ek persoonlik is nie ’n voorstander daarvan nie, en me Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, is ook nie opgewonde oor so-iets nie.”
 
Möller sê die landbou en die staat moet saamwerk om die kwessie op te los, en dit moet gou gebeur.
 
Bron: News24.com
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights